Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 2

Deur neels
Datum gepubliseer: 20 Augustus 2017 Aantal woorde: 2395 23 Kere gelees 1

HOOFSTUK 2

Terwyl n verdwaasde Chantal haar gesig afvee, onder die vraende blik van die ander mense in die klub, is Stefan die eerste een wat tot verhaal kom.

“Chantal, ek sal nou dadelik moet huis toe gaan om te kyk wat ek kan red. Iemand het ons verraai en ek sal graag wil weet wie dit is”.

“Daardie een het my eintlik n guns bewys want nou sal jy gedwing word om n keuse te maak tussen ons twee Stefan. Ek is ook nie bereid om altyd die tweede vrou in jou lewe te wees nie. Ek stem in n mate saam met haar, jy sal nou moet kies tussen ons. Gaan huis toe en maak jou keuse maar ek het nuus vir haar, ek gaan ook nie sommer net bedank nie en jou ook nie sommer los nie”.

Sonder n woord verder staan hulle op en verlaat die klubhuis na hulle motors toe. By hulle motors groet hulle mekaar en ry hulle na hulle huise toe, elkeen met sy eie gedagtes oor wat hulle te doen staan.

Dit is oppad huis toe wat die gedagte vir die eerste keer by Chantal posvat. Hoekom nie permanent ontslae raak van Laurika nie. Sy gaan nie sommer net so van Stefan afstand doen nie en sover sy weet, dit het sy toevallig eendag op kantoor gehoor, is daar darem n hele vyf miljoen rand vir Stefan as sy iets sou oorkom. Vyf miljoen rand, saam met Stefan is nie te versmaai nie.

By haar woonstel gekom gooi Chantal vir haar n drankie in en gaan sit in die sitkamer. Alles in die woonstel getuig van n duur smaak want Chantal hou van luuks lewe, n lewe wat Stefan ruim aanvul saam met haar salaris anders sou sy nie so n luukse lewenstyl kon bekostig nie.

Chantal het n jaar en n half gelede, toe sy aangestel is as Stefan se sekretaresse, besluit dat Stefan die een is wat sy moet gaan voor in die lewe en het sy al haar vroulike sjarme ingegooi om Stefan te verlei en sy minnares te word. Sy het maklik in haar doel geslaag en was sy binne drie maande Stefan se minnares.

Om van hierdie tipe lewe afstand te doen sien sy nie voor kans nie en begin sy beplan hoe om van Laurika ontslae te raak sonder dat daar n vinger na haar gewys kan word. Sy besef ook dat dit vinnig sal moet gebeur. Die veiligste manier gaan n ongeluk wees, sy moet net besluit wat se tipe ongeluk en dan moet sy iemand kry om dit te volvoer.

Chantal kom uit die agterbuurtes uit en besluit sy om een van haar ou agterbuurtvriende, wat sy weet n motor werktuigkundige is, se hulp in te roep. Dit gaan haar n klompie kos maar sy gee nie om nie, hier is te veel op die spel en dit sal lekker wees om mevrou Botes te wees en in daardie luukse huis te woon. Chantal glimlag effens toe sy haar selfoon optel waar dit op die bank lê en sy n nommer begin skakel. Hy antwoord nie.

Chantal is egter nie die enigste een wat sulke gedagtes begin koester nie. Ook Stefan begin, terwyl hy huis toe ry, die gedagte koester om van Laurika ontslae te raak. Vyf miljoen is n klomp geld en hy begin klaar dink hoe sy lewe sal verander met vyf miljoen tot sy beskikking. Dit is ook verseker dat Chantal nie deel van daardie planne gaan wees nie. Eintlik is hy uitgekuier by haar maar hy weet goed dat as hy die verhouding sou beeindig sy na sy pa toe sal gaan en hom die hele storie sal vertel.

Sy pa is n harde eerlike reguit man en sal Chantal onmiddelik laat gaan maar hy, wat Stefan is, kan net so maklik die deur gewys word. Op die oomblik kan hy dit nie bekostig nie maar met vyf miljoen kan hy wegbreek want hy is lankal moeg om te spring elke slag as sy pa sy vingers klap. Hy moet egter nou net by die huis kom en Laurika tot kalmte kry.

Toe Stefan voor die huis stop in sy luukse Mercedes laat hy sy oë oor die goedversorgde grasperke en tuin dwaal. Sy oë dwaal verder oor die ringmuur om die erf, veiligheid speel n groot rol hier en kom jy nie sommer net in nie, besef hy en dit kan sy planne bietjie dwarsboom want hy het ook besluit dat hy van n buitepersoon gaan gebruik maak om van Laurika ontslae te raak.

Toe Stefan die huis instap wag Laurika vir hom in hulle luukse sitkamer. Die meubels is van die beste en teen die mure hang twee oorspronklike skilderye.

Laurika wag tot Stefan gaan sit en konfontreer hom dan: “Stefan, ek vermoed al lankal dat daar n tweede vrou in jou lewe is. Hierdie sommige laat aand werkery het my aan die dink gesit. Jy en hierdie slet het wegloop naweke gehad en hierdie saam golfspelery, moet nie vir my kom vertel daar is nie iets tussen julle nie”.

Stefan het nie regtig n antwoord nie en probeer die ou verweer: “Laurika, daar is niks tussen ons nie. Ek en Chantal is bloot kollegas wat saam golf speel en as dit nou n man was sou geen haan daarna gekraai het nie”.

Laurika voel sy is besig om beheer oor haarself te verloor en dan skree sy op Stefan: “Hou op om vir my te lieg Stefan. Hoe verklaar jy die wegloop naweke en die laat aande. Ek wil niks meer hoor nie jy moet kies en jy kies nou, dit is of ek of sy. Maak jou keuse Stefan”.

Stefan besef hy sal haar nou moet kalmeer: “Laurika ek kies vir jou want dit is vir jou wat ek lief het. Ek erken dat dinge tussen my en Chantal bietjie te ver gegaan het en ek vra om verskoning daarvoor. Ek vra dat jy my vergewe en dat ons saam n nuwe toekoms begin”.

“Sluit daardie nuwe toekoms die begin van n gesin in Stefan? Dit is vir my n vereiste wat nie onderhandelbaar is nie want ek is seker dat sal jou ook n groter verantwoordelikheidssin gee”, vra Laurika.

Stefan knik met sy kop en dan gaan Laurika aan: “Volgende stap is om te verseker dat daardie slet uit jou lewe uit verdwyn. Jy bel haar nou en vertel haar sy hoef nie eers Maandag in te kom kantoor toe nie”.

Stefan skop vas: “Maar Laurika, ek kan nie sonder n sekretaresse nie. Is dit nie genoeg dat ons die verhouding net beeindig nie”.
Laurika voel hoe die woede in haar begin opstoot maar dan maan sy haarself tot kalmte: “Nee Stefan jy gaan nie vir my sit en voorskryf nie. Ek is die een wat die voorwaardes stel hier en dit is een van my voorwaardes, sy moet uit. Jy kan Marie de Villiers van die rekeninge afdeling gebruik as jou skeretaresse, dit is nommer een van my voorwaardes of moet ek jou pa gaan sien”.

Stefan besef hy is in n hoek en dan dryf Laurika die spyker verder in terwyl hy sit en wonder waar pas Marie de Villiers in die prentjie in: “Jy skakel daardie slet sommer nou en vertel haar dat sy nie meer hoef in te kom nie en as sy durf waag om in te kom gaan sien ek jou pa. Bel sommer vir Marie de Villiers ook en wens haar geluk met haar bevordering as jou sekretaresse”.

Stefan het nie n keuse nie en skakel hy vir Chantal. Toe sy antwoord is sy woorde kort en kragtig: “Chantal dit is die einde van ons verhouding. Ek gaan nou aan my huwelik werk en jy hoef nie weer in te kom kantoor toe nie”, en dan druk hy dood voor sy kan antwoord.

Chantal is woedend toe sy haar foon neersit maar besef dat sy op die oomblik niks kan doen nie maar sterk dit haar voornemens net verder aan om Laurika uit die weg te ruim. Sy skakel weer haar kontakman, wat nou antwoord, en dit is of sy na die versoek om haar dringend te kom sien effens beter voel. Maandag is D dag vir Laurika en dan sal sy en Stefan weer praat.

Laurika neem haar foon op: “Ek het Marie se nommer. Ek sal haar skakel en haar geluk wens met haar bevordering as jou sekretaresse”.

Toe Marie antwoord sit Laurika haar foon op speaker: “Marie, jy was toe heeltemal reg en ek het gedoen wat jy aanbeveel het. Ek het hulle by die golf klub gekry en na n gesprekkie het Stefan huis toe gekom en alles erken. Hy het Chantal nou net in die pad gesteek en jy word bevorder tot sy sekretaresse. Hy is hier om dit te bevestig, ek wou jou net eers geluk wens met jou bevordering”.

Laurika oorhandig haar foon aan Stefan en nadat hy Marie geluk gewens het gee hy die foon terug met n vraag: “Is sy die een wat jou vertel het Laurika”.

Laurika skud haar kop: “Nee Stefan. Ek het haar in die koffiekroeg gekry en sy het my maar net vertel wat sy vermoed en dit het maar net aangesluit by wat ek al n hele rukkie vermoed. Met haar as jou sekretaresse voorkom ons maar net dat jy weer vir n goedkoop tert val. Nou kan ons die verlede agterlaat en oor die toekoms gesels”.

Chantal de Beer is n agterstraat meisie wat n rowwe lewe gewoond is. Een van die dinge wat sy haarself voorgeneem het was om op te klim in die lewe en uit te styg bokant die mense wat in die agterstrate bly.

Sy het n briljante brein en het op skool goed presteer en het sy, toe sy by Stefan hulle begin werk het, dadelik haar flikkers vir Stefan begin gooi wat sy as n noodsaaklike leer om in die lewe te klim beskou het. Dit is hoekom sy Stefan se minnares geword het en sy gaan haar nie nou laat stuit nie.

Chantal ontvang n besoeker in haar woonstel, n langerige man met n nie te skoon denim en een van daardie hemde wat soos n onderhemp lyk. Hy slaan, tot Chantal se ergenis, op haar rusbank neer; “Luister ou girl maar jy het darem ver gekom in die lewe sien ek. Seker een of ander cosy baas se lovergirl geword en nou is jy te grend vir ons mense. Is daar nie n bier in die yskas nie”.

Chantal bly maar stil en gaan haal n bier uit die yskas uit en sit dit voor hom neer. Sy vererg haar gruwelik toe die vent die prop afhaal en dit sommer op die vloer laat lê. Na n paar slukke praat hy: “Jy wil my sien”.

“Ja ek het n lastige vlieg wat ek van wil ontslae raak, die baas se vrou. Hoe raak ek van haar ontslae sonder dat daar vingers gewys word”.

Na nog n paar slukke antwoord die vent haar: “Die maklikste is n traffic accident. Peuter met die brieke en een of ander tyd gaan die brieke ingee en dan hoop jy net sy ry in n ding vas. Hier in die stad sal dit beslis gebeur en dan hoop jy net sy breek haar nek in die botsing”.

Chantal oorweeg die man se voorstel en dan vra sy: “As daar deur die dag met haar Mini se brieke gepeuter word in die parkeergarage wat is die kanse dat sy die huis sal haal in die spitsverkeer”.

Lummel skud sy kop: “Nul. Daar sal ook geen bewyse wees dat daar met die rempype gepeuter is nie want as sy van agter af teen n spoed in n ding vasry gaan daardie kar se hele snoet opgefrommel wees. Vra my, ek weet. Ek was nie verniet n “mechanic” by “City Mini nie, ek ken n Mini “inside out”. Betaal my vyf gran, gee my n beskrywing van die kar en waar hy staan bedags en ek doen die joppie vir jou Maandag”.

“Ek het nie so baie geld hier nie en buitendien ek sal die helfte in jou rekening oorplaas en die ander helfte as jy die werk suksesvol voltooi het. Dit is my voorwaarde of ons los dit”, is Chantal se antwoord.

Lummel kom orent: “Ok ok maar ek het nie n bank account nie werk strictly cash sien. Dan moet jy maar gou die geldjies gaan trek en vir my bring”.

Chantal het nie n keuse nie. Nadat sy die tweeduisend vyf honderd rand gaan trek en oorhandig het en die vent n beskrywing van Laurika se motor en die registrasie nommer gegee het vertrek haar man weer en laat n uiters tevrede Chantal agter. Gelukkig kon sy die registrasie nommer van Laurika se Mini onthou want sy moes net die vorige week n diens afspraak reël.

Vol vertroue dat haar plan sal slaag skink Chantal vir haarself n whisky in en gaan sit op die rusbank om haar gedagtes vrye teuels te vir die as sy mev. Botes is.

Sy sal na die ongeluk vir Stefan kontak en as Laurika in die ongeluk dood is by hom aandring dat sy weer in haar pos herstel word en dat hulle hulle verhouding voortsit.

Na bietjie dink glimlag Chantal. Sy het ook die mes om teen Stefan se keel te hou. As hy nie wil toegee nie sal sy hom bloot eenvoudig afdreig dat sy weet dat hy die ongeluk beplan het omdat hy van Laurika wou onsle raak omdat hy nie kans sien vir n egskeiding waar hy die vyf miljoen rand kan verloor en sy hom vir n groot bedrag kan dagvaar nie. Die feit dat hulle in n verhouding is kan seker as genoeg grond dien om agterdog teen Stefan te verwerk.

Sy sal Stefan ook mooi laat verstaan dat as hy haar enigsens probeer sink sy sal sorg dat hy saam met haar sink, iets waarvan sy seker is hy nie voor sal kans sien nie.

Hulle moet ook binne n redelike tyd trou sal een van haar voorwaardes wees en as hy nie kans sien daarvoor nie sal hy maar afstand moet doen van die helftwe van die vyf miljoen rand anders sink sy hom wat Stefan is al sink sy saam.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 152
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 99 gaste aanlyn