Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 1

Deur neels
Datum gepubliseer: 18 Augustus 2017 Aantal woorde: 2096 33 Kere gelees 1

HOOFSTUK 1

Laurika Botes is wat n mens sal beskryf as die gemiddelde gelukkig getroude stadsvrou. Sy is 25 jaar oud, n aantreklike blondine met lang krulhare, wat soos watervalle op haar skouers neertuimel, goed gebou met n fietse lyfie. Haar ligte grimering is altyd perfek en jy sal haar altyd in n vrolike rok of rompie kry wat so handbreedte bokant die knie is.

Wanneer sy in n romp geklee is sal sy altyd n bypassende bloes aanhê. Haar grimering is lig maar keurig en haar juwele komplimenteer altyd haar hele vrou wees.

Sy is drie jaar gelede getroud met Stefan Botes, n aantreklike donkerkop sake konsultant in sy pa se besigheid waar hy in vennootskap met sy pa was tot sy pa n jaar gelede afgetree het en hy nou in beheer van die firma is. Sy pa is egter nog betrokke in n raadgewende hoedanigheid.

Geld is by hulle nie n kwessie nie want sy verdien ook n goeie inkomste as skoonheidsdeskundige met haar eie besigheid waar al die stad se voorste dames heen kom vir hulle skoonheidskure en behandelings.

Hulle woon in n spogwoning in een van die stad se vooraanstaande buurtes en word gereken onder die voorstes van die sosiale kringe van die stad. Hulle onthaal dikwels en is hulle onthale altyd uit die boonste rakke.

Laurika se pa is n aandelemakelaar op die effektebeurs en haar ma beweeg ook onder die voorste dames van die stad op hulle teepartytjies en sosiale byeenkomste.

Laurika en Stefan het mekaar vier jaar gelede op n sosiale funksie ontmoet en is n jaar later getroud. Almal het dit as die ideale huwelik beskou en was daar behoorlik uitgehang op die huweliksfunksie wat die elite van die stad n geruime tyd aan die praat gehad het.

Saam het hulle begin toekomsplanne maak en ook ruim finansiële planne vir n veilige toekoms begin maak en is n vyf miljoen rand polis wat hulle twee jaar gelede op hulle lewens uitgeneem het deel van hierdie beplanning.

Oënskynlik n gelukkige welvarende paartjie en het sy nou ernstig in die rigting van n gesin begin praat maar Stefan wil nie aan die gedagte byt nie. Sy verskoning is dat toestande in die land te onseker is en dat hy nie die verantwoordelikheid van kinders op hom wil neem nie.

Waar Laurika hierdie Saterdag middag in haar salon besig is om haar goed bymekaar te sit om huis toe te gaan besluit sy in haar gedagtes dat hierdie die naweek is wat sy ernstig met Stefan hieroor gaan praat. Sy sal nou wel seker tot amper sesuur toe moet wag tot hy van die golf baan af terugkom maar hierdie naweek gaan sy daarop aandring dat hulle met n gesin begin. Daar is geen rede hoekom hulle nie met n gesin kan begin nie en sy verskoning is vir haar net nie meer aanvaarbaar nie, of is daar dalk n ander rede wat sy nie van weet nie.

Hierdie gedagte laat Lauirika vir die eerste keer aan die moontlikheid van n ander vrou in Stefan se lewe dink.

Noudat sy werklik daaraan dink, terwyl sy die ander meisies groet en sluit, besef sy dat hy die laaste tyd nogal heelwat laat aande gehad het wat hy bitter laat by die huis gekom het met die verskoning van kliënte onthaal of baie kantoorwerk wat afgehandel moet word. Daar was ook nou n paar naweke wat hy op n sogenaamde bosberaad was wat sy maar aanvaar het.

Toe sy by haar Mini Cooper kom en die deur oopsluit slaan nog n gedagte haar soos n vuishou tussen die oë. Hy soek omtrent nooit meer toenadering tot haar nie en as sy toenadering soek is hy die meeste van die tyd te moeg en dit is genoeg om enige vrou hond se gedagtes te laat kry.

Laurika voel lam. Sy besluit dat sy n rukkie dinge wil gaan oordink want daar kom nou gedagtes by haar op wat sy nog nooit oorweeg het nie.

Sy sluit weer haar motor en keer terug na die kompleks toe om in n koffiekroeg te gaan sit en oor n koppie koffie haar gedagtes te laat gaan.

Die koffiekroeg is redelik besig maar kry sy tog n sitplekkie toe een van Stefan se werknemers, Marie de Villiers, haar erken en haar nader wink om by haar aan te sluit. Marie is ook een van haar kliënte wat haar salon gereeld besoek.

Laurika was nog altyd erg oor die rooikop Marie en het altyd n punt daarvan gemaak om spesiale aandag aan Marie te gee wanneer sy die salon besoek. Die enkele kere wat sy Stefan op kantoor besoek het het sy ook altyd n punt daarvan gemaak om n rukkie met Marie te gesels.

Marie is ook so vyf en twintig, selfde ouderdomsgroep dus, en kan oor dieselfde dinge gesels.

Marie verwelkom haar terwyl Laurika gaan sit: “Dis lekker om jou te sien Laurika. Kom drink n koffietjie saam met my en dan vertel jy my wat so swaar op jou gemoed druk dat n mens dit n myl ver kan sien en hoekom is jy nie al oppad huis toe nie”.

Laurika wag net tot die kelner hulle bestelling geneem het en dan antwoord sy Marie: “Ag Marie wat wil ek tog nou al by die huis gaan maak? Stefan kom eers sesuur by die huis van die golfbaan af en ek sal tog nou maar net daar gaan sit en tob”.

Die kelner sit hulle koffie voor hulle neer en Marie kyk afwagtend vir Laurika; “Spoeg uit Laurika, ek kan altyd luister en dit is altyd goed om n probleem te deel en ek ken jou te goed, iets druk jou”.

Hulle roer hulle koffie en terwyl sy die koppie optel om n slukkie te neem antwoord Laurika: “Dit is hierdie hardekopgeit van Stefan wat my pla. Ek wil met n gesin begin maar hy weier botweg. Sy verskoning is dat die land te deurmekaar is daarvoor. Dit is nie n verskoning nie en ek sit en dink hoe gaan ek hom oor die naweek konfontreer hieroor”.

Marie sit haar koppie neer en kyk vir Laurika: “Laurika ek wonder of dit werklik die rede is. Daar kan dalk n ander rede wees weet jy”.

Laurika voel of sy koud word want sy weet, as daar iets snaaks op kantoor aangaan sal Marie daarvan weet maar vra tog: “Wat bedoel jy nou Marie?”

Marie tel haar koppie op en neem weer n slukkie en dan antwoord sy: “Laurika, ek weet nie of dit die waarheid is nie, maar daar loop skinderstories op kantoor rond dat daar iets tussen Stefan en daardie sekretaresse van hom aan die gang is. Ek het n storie gehoor dat hulle al n naweek of wat saam weggeloop het onder die verskoning van een of ander bosberaad wat Stefan heen genooi is om n firma te konsulteer en sy was saam”.

Marie tel weer haar koppie op, neem n slukkie terwyl Laurika ook n slukkie neem en dan gaan Marie aan: “Ek werk met die rekeninge en wat my pla oor hierdie wegloop naweke is die feit dat daar nooit n faktuur uitgereik is aan die firmas wat hy hy moes gaan konsulteer vir die naweek nie en daar is ook nooit n betaling deur die firmas gemaak nie”.

Laurika bring die beeld van Sefan se sekretaresse, Chantal de Beer, voor haar geestes oog op. Blonde dingetjie met kort hare wat sy nog altyd reken die bloes se hals te laag is en die rompies te kort vir kantoordrag. Die slotsom wat sy gemaak het die enkele kere wat sy haar gesien het is dat sy n tert is. Noudat sy daaraan dink was dit tog of Chantal die laaste keer baie kortaf teenoor haar was terwyl sy baie vriendelik met haar was.

Die skok van wat Marie haar nou vertel het voel vir haar erg. Marie stoot haar hand oor die tafel en neem Laurika se hand in hare: “Laurika, verstaan my mooi. Ek sê nie daar is iets tussen hulle aan die gang nie maar ek weet darem nie. Jy weet hule sê waar n rokie is is daar n vuurtjie en hierdie rookwolkie is darem dik want daar is ook stories dat hy sommige aande vir haar by haar woonstel gaan kuier na werk en deesdae speel sy golf ook saam met hom hoor ek. Sy loop openlik by een of twee van die meisies op kantoor daarmee en spog ”.

Verslae en verwese kyk Laurika vir Marie: “Marie weet jy die gedagte van n ander vrou het vandag vir die eerste keer by my opgekom. Wat maak ek nou”.

Marie antwoord haar: “Ek kan nie vir jou sê nie Laurika maar ek kan jou sê wat ek sou gedoen het as ek in jou skoene was. Ek sou hulle altwee gekonfontreer het en daarop aangedring het dat Stefan n ander sekretaresse kry. As hulle dit nie wil doen sal ek hulle reguit sê dat ek na Stefan se pa toe sal gaan met die probleem en jy ken sy pa. Hy sal dit nie duld nie en sy sal aan haar nekvel uitgesmyt word, hy is nog in die agtergrond al het hy afgetree”.

Laurika sit n paar oomblikke en nadink terwyl sy haar laaste koffie drink. Sy sit die koppie neer en staan op: “Dankie Marie, dit is presies wat ek gaan doen. Ek gaan nie toelaat dat hierdie klein slet my huwelik verder verwoes nie en ek gaan Stefan die naweek konfontreer en as hy nie wil gehoor gee nie is ek Maandag by hulle op kantoor en dan gaan ek daarop aandring dat sy uit of ek gaan na Stefan se pa toe”.

Hulle groet en gaan Laurika parkeer garage toe. Nadat sy haar kar oopgesluit het sit sy nog n paar oomblikke om alles te oordink voordat sy die motor aanskakel en die parkeer garge verlaat oppad huis toe. Oppad huis toe besluit sy sy gaan eers golfbaan toe, as die twee saam golf speel is dit die ideale geleentheid om hulle saam te konfontreer en die storie van hulle sommer nou tot niet te maak. Dit sal seker n gespanne naweek tussen haar en Stefan tot gevolg bring maar dan kan hulle weer begin om rigting in hulle lewens te kry want skei gaan sy nie. Sy gaan hand en tand inklim om haar huwelik te red.

By die golfbaan tref sy dit gelukkig, sy kry hulle altwee in die klubkroeg en stap sy sommer dadelik nader. Met weersin merk sy op dat hulle redelik styf teen mekaar sit, sy met haar kort rokkie en laehals bloesie, en hulle sit elkeen met n drankie in die hand.

Hulle skrik hulle asvaal toe hulle Laurika sien en toe sy by hulle kom sê sy: “Julle het n keuse, of ons stap eenkant toe waar ons dinge kalm kan bespreek of ek skop n kabaal hier op wat julle seker nie wil hê nie”.

Laurika stap eenkant toe na n leë tafel toe en hulle kom sit gedwonge by haar, duidelik is hulle albei verras want Laurika het nog nooit die golfklub besoek nie.

Laurika val ook sommer dadelik aan: “Julle storietjie is op n einde. Ek weet van julle verhouding en julle wegloop naweke. Ek weet ook van Stefan se geheime kuiertjies by jou in jou woonstel wanneer daar sogenaamd laat gewerk word. Chantal, jou bedanking sal Maandag op Stefan se tafel wees en jy kom nou huis toe Stefan dat ons dinge tussen ons kan regmaak. Dit is nou of ek of sy maar so gaan ek nie aan nie en ek gaan ook nie skei nie”.

Terwyl Laurika opstaan om te loop sien sy hoe die twee bleekwit word terwyl Laurika sê: “Stefan ek verwag jou binne n uur by die huis of ek skakel jou pa om jou hier te kom uithaal”.

Voordat Laurika haarself kan keer gryp sy die glas voor Chantal en skiet die drank in haar gesig uit wat Chantal benoud laat gil. Sy gryp n servet om haar gesig af te vee en dit is n woedende Chantal wat Laurika agterna kyk met wraak in haar hart.

“Hiervoor gaan jy betaal en hard betaal. Niemand beledig my so in die openbaar nie” is die gedagte wat in Chantal se kop opkom.

Die mense om hulle in die kroeg begin agterkom dat iets aan die gang is maar Laurika steur haar nie aan hulle nie. Kop omhoog stap sy die kroeg uit om huis toe te gaan.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 152
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 67 gaste aanlyn