Jongste aktiwiteit:

DIE VREEMDE BOOM

Bome erens in die natuur
Vreemd en ongewoon
Wortels reeds bokant die grond
Groen stoot julle nog julle swier

Tekens van oeroud is julle stamme
Inmekaar geweef en vorm ‘n prentjie
lewe van ‘n van plesier en genot
van die mens nie veronderstel besigtigbaar

Oorblywende tekens van Sodom en
Gemora kan dit wees erens versteek
Gevind om welke rede sal mens wonder
Oop en bloot verswelg die oog die
Wonder ongewone verskynsel

Was dit dalk mens wat versteen het soos
lot se vrou het die sout verswelg en
gevorm deur die jare in bome
Nog nooit het die mens opgehou
Met die vorm van plesier en wellus

Dit is mens se natuur nou geopenbaar
In die aardse natuur in die vorm van ‘n boom
Wat ‘n rusplek beskerm verskaf
Is dit nou ontdek of raak gesien
Bome ‘n as ‘n doel blootgestel
deur ‘n hoeër hand net julle
ken die geheim of dalk nie
mensekind hoe sien
jy dit rare verskynsel
of dalk nie.
~JAC
2017-08–05




1 Kommentaar

  • Toom

    D-o, liewe K, By my is dit waarskynlik my ,dagvorm' ,soos by 'n atleet, wat sal bepaal juis HOE ek so 'n verskynsel aanskou: vandag met liefde, môre met afsku . . . nouja nie afsku nie maar nie so positief nie. Wat ek sien is afsnitte uit drie bome. Oud ja, bietjie snaaks soos oues (ook ou mense) snaaks kan wees, maar vriendelik. Dan verander jy jou gesigshoek / standpunt effe, en ander gedagtes skiet jou te binne. Navoltrekbaar (kopiereg) = ek kan dit begryp. Van die moderne digkuns verstaan ek nul en niks nie. Maar as 'n hartsboodskap uit die vak natuurkunde, absoluut treffend. Elkeen moet sy boom liefhê! Hoe meer bome hoe beter! Ook as die geliefde boom hom al hoe snaaks gedra: Hom moet jy liefhê. Soos by 'n vrou. Nou weet jy miskien hoe dit is om 'n vrou lief te hê! GvT

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed