Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Virtuele bestaan

Deur Okatopi
Datum gepubliseer: 3 Julie 2017 Aantal woorde: 80 63 Kere gelees 3

Laasnag het ek en jy gaan wandel ,
op ‘n virtuele strand …
onder ‘n helder sterre hemel,
met sagte fosfor lyne
op die brekende branders…
en dit was die enigste natuurlike lig.

Hand aan hand met jou kop teen my skouer,
en nie veel gese,
net gekyk…
en gekyk na mekaar…
en die see,
maar meesal, na mekaar…

Sonder woorde,
want soms is woorde seerder as die stilte…
en soms is wakker word,
meer alleen…
as slaap.

© Fanie Jansen van Vuuren




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Kiekies

      Kiekies

      Julie 4, 2017

      Dit is net so! So goed beskryf.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Okatopi

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 52
    Kommentaar telling: 82

    Doodgewone ou wat soms skryf net omdat die lus my beetpak en iets moet uit 🙂 Verward, verweer en soms verlore.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 94 gaste aanlyn

    Bydrae Totale