Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE TWEEDE PLAAG

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 7 Augustus 2017 Aantal woorde: 109 16 Kere gelees 2

DIE TWEEDE PLAAG

net vir ‘n rukkie sonder jou kroon
hier in jou kuberkamer vol misterie
soek jy haar ankerlose blaretroon
soek jy na ‘n kleed van euforie

‘n soentjie vir my, ag toe, net een
word ek vir jou ‘n nimfprinses
sal die beloftes in my oë oor jou reën
salf met die tower olies in my fles

dan as jy jou siel se deure vir haar bied
vang sy jou met haar taaie tong
en metamorfies soos die passie vliet
kry jy haar kleur en word ‘n padda-klong

so kom dan uit die waters van slawerny
‘n magdom keuses en die toegang is vry

© Barbara Smit – 6/8/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 88
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 108 gaste aanlyn