Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die tuin gedig

Deur Timothy Timmie De Vos Botha
Datum gepubliseer: 10 Julie 2017 Aantal woorde: 147 82 Kere gelees 2

Blommetjie, blommetjie, blommetjie so mooi,
ons almal hou mos van ‘n rosie bloedrooi.
Blommetjies plant is goeie terapie,
maar dis verbasend hoe sommige mense dit nie so kan sien nie.

Die son is vir ‘n blommetjie baie goed,
dit maak die lewe vir ‘n blommetjie sommer ligter.
Want so groei blommetjie meer en meer,
dat mens dit eintlik glad nie meer kan keer.

Soms word groente plante baie dors,
want hul het ook water nodig om te groei.
Son is vir ‘n groente plant net so belangrik soos vir ‘n blommetjie,
maar ek wonder hoekom party mense dit nie so sien nie.

Daar is mense wat blommetjies en plante net so los dat dit vrek,
en dit is glad nie mooi om te doen.
‘n Pragtige bloedrooi blommetjie verhelder sommer mens se lewe,
ai, ‘n blommetjie en ‘n plant vra ook so nou en dan ‘n soen.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Toom

      Toom

      Julie 10, 2017

      . . . en DIT is nou ‘n lewenshouding!
      Aitsa!! Nog ‘n koppie koffie en die dag kan begin!!!
      Dankie vir die opkikkertjie.
      GvT

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Timothy Timmie De Vos Botha

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 117
    Kommentaar telling: 46

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 18 gaste aanlyn

    Bydrae Totale