Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Trapp-familie, ‘n Lewe vir die Musiek

Deur Toom
Datum gepubliseer: 12 Augustus 2017 Aantal woorde: 1186 41 Kere gelees 3

[In ‘n ander artikel het ek reeds geskryf oor die onderskeid tussen die vertelstyle van verskillende media wat dieselfde verhaal vertel. Hoe die medium boek ruim en tyd nodig het om ‘n beeld in die fantasie van die leser op te bou, dat sodoende lewendiges in die leser se fantasie ontstaan. Andersins hoe die hastige film nie tyd het nie om te skilder en padlangs te „filosofeer” nie en sodoende die storie vlotter vooraankom. Twee vertelstyle aldus – van die medium afhangig.

In dieselfde artikel het ek ook ‘n verskynsel aangedui: Hoe is dit wanneer twee regisseure ’n film maak met dieselfde boek as basis? Aan hand van ‘n Agatha-Christie-roman het ons gesien dat twee taamlik verskillende verhale tot stand kan kom, wanneer twee regisseure ‘n stof aanpak.

En nou, hoe lyk dit as twee skrywers oor dieselfde gebeurtenisse vertel?

° Ons weet mos hoe twee getuies by ‘n verkeersongeval kan stry oor of die robot rooi of groen was.

° Ons weet dat Pa en Oom Andries elk ‘n eie weergawe van ‘n gemeensame beleefnis uit hul kindheid het, wat aan ‘n hele paar punte nie ooreenstem nie.

° En ons weet verder dat lede van ‘n familie nie teen of vir mekaar in ‘n hofsaak mag getuig nie. En dit uit goed oorwoë redes.

In die eerste geval kan ons sê dat daar verskillende gesigshoeke is – ek hier en jy daar het uit verskeie standpunte verskeie fassette gesien; in die tweede dat die twee outoppies verskillende herinneringsvermoë het; en derdens is dit bekend dat die betrekkings tussen familielede hul gevoel vir die waarheid sterk kan beïnvloed. Soms kan die haatgevoele tot ‘n sterwenswens teenoor die ander lei, soms wil die ene die ander nie beseer of beledig nie, maar beskerm.]

Die Trapp-familie, n LEWE vir die MUSIEK

Uit ‘n nonneklooster is ‘n meisie, ‘n noviët wat haar voorberei op ‘n lewe as non, na die baron met die baie kinders gestuur om daar uit te help. Sy het haar geheel en al haar opgawe gewy, het op die kinders opgepas, het hulle liefgekry en het die baron getrou. Saam is hulle voor die heraanrukkende Duitse nasionaal-sosialiste uit Oosterryk na die VSA gevlug.

Die verhaal ken ons uit uit die lewensherinnering van Maria, Baronin von Trapp wat in Salzburg afgespeel het. Daaruit is films gedraai: Die von Trapp Familie, Die Trapp Familie in Amerika asook The Sound of Music, wat tien jare daarna uit die ou draaiboek ontstaan het. ‘n Moedige vrou, ‘n liewe gesin met ‘n polities ongeliefde maar goedhartige vader. ‘n Heerlike tema vir ‘n musiekfilm – en goeie films is dit toe ook geword! Dis dan haar storie.

Die oudste dogter, Agathe (uitspr: A-ghaa-te), wat amper so oud was soos die nuwe stiefmoeder, het in later jare self die verhaal van haar kindheid vertel, ook hoe moeilik dit was om onder die nuwe moeder te leef, vir haar wat tot dan die „vertreterin van die moeder” was. Sou sy ooit met die nuwe vrou aan haar pa se sy kon klaarkom? Dis dan haar storie.

[Newebemerking Von: As die familie nie adelik is nie, sê hulle altyd von of von der want dit dui aan waarvandaan hulle stam, byvoorbeeld von Fintel – kom van die dorpie Fintel, von Delventhal – uit daardie vallei, soos van der Merwe – stam van die oewer van die Merwede Rivier, ens. Die adelike IS daardie naam, hy stam van of uit die mensegeslag wat so heet, maak nie saak waar hy gebore is of nou woon nie: Rykskanselier von Bismark, Generaal von Paulus dis so te sê deel van hulle ampstitel, veral nie-adelikes spreek hulle so aan. Maar „Bismark het onder twee Keisers gedien” en „Paulus was die hoof van die Sesde Leer by Stalingrad.” In Amerika soos in Suid-Afrika tel die adel nie meer nie; dan is dit by immigrante nie meer belangrik nie.]

Agathe vertel hoe sy ‘n beskermde kindheid in ‘n idilliese vallei in die alpvoorland agter Salzburg verbring het tot haar ma se dood. Daarna het sy met sestien jare as oudste kind die pligte van ‘n ma op haar geneem en het die gesin streng regeer. Sy onthou die verwyt van ‘n suster, „Hoekom dan? Sy’s eers vier jare ouer as ek!” Oënskynlik het die volwassenes gesien wat gaande is. Toe die gesin na Salzburg trek, huur hulle een na die ander kinderoppassers, wat glad nie lang bly nie. En dan die vertwyfelde oproep aan die klooster, wat hulle ‘n jong meisie stuur om uit te help: Fraülein Gustel (Augusta). „Julle mag my Maria noem.”

En nou begin die eintlike verhaal met enige merklike afwykings van die alreeds bekende Sound of Music-draaiboek. Agathe skryf, miskien vyftig, sestig jare daarna haar herinnering van iets wat sy as kind en jeugdige belewe het. Sy sien dieselfde gebeurtenisse met die oë van ‘n jong mens. Dit beteken ook dat sy nie toegang tot die privaatgesprekke van die volwassenes gehad het nie: sy kan ook net dít opteken wat sy gesien en veral interessant gevind het. Daartoe kom die krag van onthou, waarby ouere mense vir hulle „langtydherinnering” beroemd is. Daarteenoor moet ons vermerk dat die baronin Maria ‘n baie slim vrou was wat geweet het wat gaan die lesers se harte tref; wat gaan help om die boeke te verkoop en die koor te ondersteun: ‘n Klein afwykinkie is nie dieselfde as ‘n pak growwe leuens nie!

Watse „afwykinkies” kan ons vind?

° Die hele gesin was van vooraf musikaals, ook die vader het graag saamgesing.

° Agathe self het besonders goed gesing en het slegs opgehou toe haar ma sterf. Nadat sy vir Lotte Lehmann voorgesing het, het die geesdrif haar gepak om aan te gaan. Lotte Lehmann was ‘n bekende sangerin wat ook op die verkeerde kant van die politiese heining gestaan het. Sy het die familie met hul emigrasie en opname in die VSA bygestaan.

° Dis ook sy wat gehelp het om die konsert van die „Salzburger Kamersanger-Familie” by die „Salzburger Festspiele” te reël.

Dis nie ‘n musical-film nie, ofskoon ‘n paar lieder tog gesing word. Dis ‘n biopic✽✽, die verhaal van ‘n jong vrou wat muisneste uitveeg en haar lewe in die hand neem — en dit sonder om alteveel mense te na te kom of te beseer. Slegs wanneer sy verbete probeer om haar pa en die diensmeisie uitmekaar te hou.

Die verteltegniek is die terugblikke van ‘n ouere vrou wat ‘n halwe eeu later ‘n tienermeisie episodes uit haar eie jeug vertel, toe sy self van die huis af wou wegloop. Juis wat hierdie tiener nou wil doen. Dit is ‘n Duits-Oosterrykse film in Engels gedraai, met vooraanstaande engelse en duitse spelers.

Dis weer so: Niemand red die wêreld nie, maar dis ‘n aangename storie goed vertel. Makiesaak wat ander kritikusse daaroor mag dink nie, hulle wat wil weet dat enige kinders geslaan moes word sodat hulle optree. As dit nie in die boek was nie, kan dit ook nie in die film van die boek wees nie.

Drie tot vier sterre, neiging na bo.

✽      Film en Boek  op INK org.za 2017

✽✽    Biopic = film-biografie / lewensverhaal

©11e.Augustus2017_____◄]:o(…|☆☆☆☆|…(o;Þ____________________tje




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 140
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 75 gaste aanlyn