Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE TANNIE MET DIE KIERIE

Deur Gerhard van der Merwe
Datum gepubliseer: 11 Mei 2017 Aantal woorde: 82 86 Kere gelees 2

DIE TANNIE MET DIE KIERIE

Ma, kom hak by my in.
Ma, kom ek stap stadig saam met jou.
Kyk Ma, daar sit die duifie op sy tak
en gister was die roos nog nie oop.

Een vir een stap ons voort,
geniet die natuur se kleure en gesang.
Ma, daar’s min mense wat so stadig stap,
min mense, Ma.

Ons stop, Ma knik…
Sy laat los en Pa hak by haar in.
Sy borrel van kleur
hier, in haar tuin.




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Mei 12, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Gerhard van der Merwe

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 8
    Kommentaar telling: 2

    Skryf nou so twee jaar.  Heel nuwe en wonderlike ervaring.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 18 gaste aanlyn