Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die onskuld van walvisse

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 13 Oktober 2017 Aantal woorde: 187 63 Kere gelees 3

Die wind waai uit die Kogelberg
om oor Stony Point te woed
en oor Waaygat hang die stank
van walvisvet en -bloed

*

Maar nóú edeltin die waters,
die baai* lê so onskuldig in die mis
waar vandag nog net die reste
en die spoke van fabrieke is.

Die wit klip en die strande
is oortrek met pikkewyn,
alge amber en oranje
in die flouste sonneskyn.

Branders klots teen rotse,
daar lê skuite op die see.

Sou die meeue wat so krassend skree
nog vergange dae herroep –
as hul hoër en hoër bly draai
(om soos spikkels te vedwyn)
in die bloute van die hemel
bo die groot huis teen die duin?

Die wind waai koud uit Kogelberg
om deur vel en been te sny.
En om Stony Point, voor Waaygat
swem ‘n walvis nou
verby …

© Carma Shaw
13 Oktober 2017

* Baai – Verwys na Bettiesbaai

* 1913 word die Waaygat walvisfabriek by Stony Point opgerig. Dit het aan en af gefunksioneer vir ‘n aantal jare. Die stasie is in 1930 finaal gesluit weens die afname in vraag na walvisolie.

Lees meer by onderstaande adres:

https://pathfinda.com/en/bettys-bay/attractions/site-of-the-waaygat-whale-factory




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      Oktober 17, 2017

      Vroeë-negentigs nostalgies na-geleef. Tog bly klou daar dalkies onregverdig die verwyt van skending van die nigering van die stryd tot oorlewing van daardie tyd soos ‘n omie uit toet se dae my oortuig het…

      Nietemin:
      Saluut vir die deernisvolle groengedagte wat ek skandelik in sommige gevalle opreg bevraagteken……
      Jy bly my ster!

      • Viooltjie

        Oktober 17, 2017

        Baie dankie vir die saam gesels en die deel van jou gedagtes, Koekekranka. Dit het begin as ‘n beskrywende gedig, maar toe besluit ek om iets ‘n bietjie meer daarvan te maak 🙂

        • profiel foto van Koekekranka

          Koekekranka

          Oktober 18, 2017

          En dit het jy puik gedoen!

          O, ek lief regtig jou gedagtegang, skramse bekenstelling van jouself en veral jou uitleef van ons wonderlike taal soos elke werkie van jou skrapsies skinder.

          Dus: Baie dankie aan ons Skepper vir so ‘n gawe van talent (en natuurlik ook aan jou vir jou woeker daarmee!) vir soveel genot wat ons op Ink daar uit put!

          Geseënd verder met jou skrywende bate!

          • Viooltjie

            Oktober 18, 2017

            Baie dankie, Koekekranka. Ek waardeer jou lese en kommentare sommer baie. Dis gaaf van jou 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 211
    Kommentaar telling: 725

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 68 gaste aanlyn

    Bydrae Totale