Jongste aktiwiteit:

Die olifant en die blindes

Lank, lank gelede het daar ses blinde mense in ’n klein dorpie gewoon. Op ’n dag het een van die inwoners opgewonde vertel dat daar ’n olifant in die dorpie is.

Omdat die blinde mans nie geweet het wat ’n olifant is nie, het hulle besluit dat “al kan ons dit nie sien nie, laat ons steeds gaan en daaraan voel”. Almal van hulle het gegaan na die plek waar die olifant gestaan en vreet het. Hulle het rondom die olifant gestaan en saggies aan sy groot lyf begin voel.

“Hey, die olifant is ’n pilaar,” sê die man wat aan die olifant se been voel.

“Oh nee! Dit is ’n tou”, sê die tweede man wat aan sy sterf voel.

“Oh nee! Dit is soos ’n boom se sterk, dik tak,” sê die man wat aan die olifant se slurp vat.

“Dit is soos ’n groot waaier-hand” sê die vierde man terwyl hy aan die olifant sê groot oor voel.

“Dit is soos ’n groot muur,” sê die vyfde man terwyl hy oor die maag van die olifant vryf.

“Dit is ’n soliede pyp,” sê die sesde man terwyl hy sy hande stadig heen en weer oor die olifant se lang ivoor tand beweeg.

Sommer gou breek daar ’n argument uit oor hoe die olifant nou eintlik lyk, en elkeen dring daarop aan dat hý reg is. Hulle was somer gou-bou baie omgekrap. ’n Wyse man loop verby en hoor hoe hulle met mekaar stry. Hy stop en vra “Wat is fout?” Die blinde mense sê, “Ons kan nie ooreenstem hoe die olifant lyk nie”. Elkeen vertel sy eie storie van hoe hy dink die olifant lyk. “Almal van julle is reg. Die rede waarom elkeen ’n ander storie vertel, is omdat elkeen van julle aan ’n ander deel van die olifant gevoel het. Dus, die olifant het al daardie eienskappe wat julle nou genoem het.”

“Oh!” roep die ses mans uit. Hulle was tevrede met hierdie verduideliking en het gelukkig gevoel dat elkeen van hulle tog reg was.

****

Die les in hierdie storie is dat elkeen se storie bevat waarheid. Dit hang meer af van perspektief as wie nou eintlik die waarheid praat. Dus, eerder as om soos die blinde mense te baklei moet ons eerder sê “Miskien sien jy die prentjie met anders as ek.” Sodoende hoef ons nie met mekaar oor onbenullighede te stry nie.

’n Antieke geloof (Jainism) beweer dat die waarheid in sewe verskillende maniere gesien kan word. Sodoende is dit maklik om te sien hoe wyd godsdiens werklik is. Dit leer ons om verdraagsaam aangaande ander se sieninge te wees. Hieruit leer ons dan om in harmonie met ander en hul verskillende standpunte te leef. http://www.jainworld.com/literature/story25.htm

Al is daar skynbaar meer as 21,500 denominasies in die Christelike geloof (http://home.intekom.com/nikobrummer/denom.htm), aanbid ons (oënskynlik) dieselfde God. Party doop babas sommer gou-gou, ander hou van onderdompeling. Sommige lê baie klem daarop om in tale te praat voor jy as ‘gered’ beskou kan word. Ander onderhou die Sabbat en die res beskou Sondag as hul rusdag. Die beker of ’n glasie? Vir party is sekere kosse taboe, party wil graag duiwels uitdryf. Swart mense gaan hemel toe/of dalk nie? Gays word bespreek/beskinder/veroordeel. Mense het nog nie geleer om die gedrag en die mens te skei nie. Ek hu nie te hou van wat iemand doen nie, maar dit beteken nie dat daardie ’n ongelowige is nie. En so kan mens nog lang lysies van verskillende sieninge maak. Met ander woorde, ons lees skynbaar dieselfde Bybel, maar ons sal mekaar sommer met die verskillende vertalings ook oor die kop slaan! 1933… 1958… 1983… Woordewisselings … dikwels oor snert.

Niemand is heeltemal reg of heeltemal verkeerd nie. Elkeen kyk op na dieselfde God, maar sien iets anders raak. Ons gedra ons soos ’n klomp kleuters wat oor ’n speelding stry. ’n Teken van volwassenheid is om ander se sienswyse te respekteer.

Daar is slegs drie vrae wat jy vir jouself behoort af te vra:
• Het jy ’n persoonlike verhouding met God?
• Weet jy wat wedergeboorte beteken?
• Het jy geloofsekerheid?




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed