Jongste aktiwiteit:

Die nagroep van die natuur

‘n sekelmaan wat langsaam hang
die stilte van die die nag se sang
klink iewers in die nanaguur
die lied van die natuur

stil stil roep sy uit na jou
“raak tog net rustig” fluister sy trou
duidelik oor dit wat ons moet hê
soos moedernatuur se naglied sê

stadigaan raak haar fluisterstem stil
die oggend glim oor die horison kil
dan skaterlag moeder natuur uit haar maag
as die stralekinders die wolkies rondjaag

haar oë bly gefokus haar hartseer verskuil
as die maan wegkruip dit is dan dat sy huil
oor die roetlaag waardeur sonkinders stry
as hul goedsmoeds na die aarde gly




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed