Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Masker

Deur Janita
Datum gepubliseer: 12 Oktober 2017 Aantal woorde: 86 15 Kere gelees 2

Die masker

Ons almal dra ‘n masker,
of bêre hom in die kas.
Haal hom uit wanneer die geleentheid jou pas.

Die masker het ‘n hele paar gebruike,
beskerm ons teen die wêreld se misbruike.
Ons skuil daaragter,
dan is die seer net sagter.

Maar wanneer die masker afkom,
staar die naakte waarheid jou in die gesig.
Die masker kan nie vir ewig hou,
jy sal dit tog berou.

Want wie is die ware jy,
wanneer die masker van jou gesig afgly?
©Janita Rossouw




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Janita

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 11
    Kommentaar telling: 4

    Ek is gebore en getoeë in 'n klein dorpie in Noordwes.  Voltooi my BCom kwalifikasie aan die Puk in 2007.Ek verbreed my horisonne en begin met my rekenmeester klerkskap by 'n firma in Centurion.Na byna vier jaar, verlaat ek die firma vir 'n beter geleentheid by 'n ander maatskappy.In 2015 begin ek weer deeltyds studeer deur UNISA aan my graad in Sielkundige berading.Vir ontspanning gaan stap ek met my twee honde, of eerder, hulle met my, ek probeer gereeld om Parkruns te doen asook fiets te ry.  En dan probeer ek tussendeur dig :)

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 67 gaste aanlyn