Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die luiperd by die lam

Deur Janetta-Helena Boonzaaier
Datum gepubliseer: 18 Maart 2017 Aantal woorde: 130 83 Kere gelees 1

Die luiperd by die lam

Volkerelande verander in vestings mense soos voëls
ingehok vir behoud binne uitgestrekte voëlkou-grense
maar vyande breek deur linies en verberg op lywe koeëls
vermom en offer self as bomme vervul so hul ewigheidswense
dan panieke geskarrel vir rammelende aanrollende tenk…
Die kind se speelse kettie word in grootmenshande ‘n vuig
dodelike AK47, en die vlugge kleurvolle onskuldig vlieër swenk
van koers swewend op briesie, is later ‘n dodelike vegvliegtuig!
Maar die bose lewe gaan ten goede verander
moordtuie en landsgrense gaan verdwyn wanneer
die wêreld een vreedsame soewereine staat is
onder Sy opperheerskappy en die slu skrander
luiperd by die bokkie gaan lê en niemand sal keer
want suigling by adder sal veilig van geen gevaar wis.

Janetta – Helena [Babs] ©




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Janetta-Helena Boonzaaier

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 337
    Kommentaar telling: 205

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 30 gaste aanlyn