Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Loodgieter

Deur Toom
Datum gepubliseer: 31 Oktober 2017 Aantal woorde: 168 105 Kere gelees 1

Die Loodgieter

≈≈≈≈≈⤾⩯⤿≈≈≈≈≈

Midde-in die nag ontdek Dr. Abrahams dat sy kelder onder water staan – dis reeds halfvol. Dadelik roep hy ‘n loodgieter aan om dit weer in orde te bring. Die man sê, Nee, dit kan mos tot môre wag.” Maar die dokter sê, „Hoeso? As ek na ‘n noodgeval uitgeroep word, moet ek ook mos opstaan en ry!”

Tien minute later staan die loodgieter voor sy deur. Hulle stap saam deur die huis en die keldertrap af. Die loodgieter buk en roer die water met sy hand, vroetel in sy wertuigkas en staan op. Hy gooi twee drukringe en ‘n moerplaatjie in die water en sê, „Roep my weer môrevroeg, as dit nog nie beter geword het nie.”

≈≈≈≈≈⤾⩯⤿≈≈≈≈≈

[Daar’s heelwat staaltjies en verhaaltjies in omloop wat in die een of ander groep of kategorie behoort. Sommiges behoort miskien in twee kategorië. In welke kategorie behoort hierdie ene?]

©.28e.September2017≈≈≈≈≈⤾⩯⤿≈≈≈≈≈– – – – – – – – – – – – – – -tje




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. profiel foto van Toom

      Toom

      Oktober 1, 2017

      Hoesê? Vriende.
      Is dit’n dokterstaaltjie, ‘n handwerkergrap . . ?
      Of kom dit in ‘n ander kategorie? Of gladgeen kategorie nie?
      GvT

    2. Viooltjie

      November 2, 2017

      Dis seker altwee kategorieë, maar ek vermoed die dokter sal dalk nie dink dis ‘n grap nie …hehe

      • profiel foto van Toom

        Toom

        November 4, 2017

        Pê-êh!
        Dit kom uit ‘n versameling Joodse grappies.
        Die handwerker se naam is (vanselfsprekend) Moische.
        GvT

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 152
    Kommentaar telling: 159

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 94 gaste aanlyn

    Bydrae Totale