Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE LENTEBRUID

Deur neels
Datum gepubliseer: 24 Mei 2017 Aantal woorde: 821 56 Kere gelees 1

Dit is heerlike lente, die winter is verby…

Waar Lynette de Beer nog warm snoesig in die bed lê wonder sy waarom hierdie liedjie vanoggend deur haar kop gaan.

Vir n paar oomblikke luister sy na die gekoer van die tortelduiwe voor in die groot ou jakarandaboom voor haar venster wat afgewissel word met die getjirp van die mossies.

Dit is al sterk lig en vir n paar oomblikke dink Lynette daaraan dat n maand terug dit die tyd van die oggend nog donker was en nou is dit al sterk lig.

Lynette gooi die komberse van haar af en gaan staan voor die venster nadat sy die gordyne oopgetrek het en die venster effens oopgestoot het.

Dit is of die koel luggie n lafenis deur haar waai en staan sy die toneel voor haar aandagtig en beskou.

Dit is of alles na die lang winterslaap vanoggend nuwe lewe het. Jong blaartjies is besig om hulle verskyning aan die bome te maak, op die grasperk is die gras besig om groen te word. Tot die lug het vir Lynette n heerlike lente geur.

Dit is of daar n gevoel van weemoed deur haar trek want die besef kom by haar op dat dit die laaste keer is wat sy hierdie toneel deur haar kamervenster sal kan beskou.
Vandag is haar groot dag en word haar grootste wens in die lewe vanmiddag om drie uur vervul wanneer sy in die kerkgang aan haar pa se arms gaan afstap om mevrou Pienaar te word.

Lynette draai om en haar oog vang Stoffel Pienaar se groot foto wat op haar spieëlkas staan. Stoffel met sy breë glimlag en vaalbruin deurmekaar hare wat haar hart gesteel het.

Haar gedagtes rol terug na die lente aand op n lente dans wat sy hom die eerste keer ontmoet het.

Sy was die aand saam met iemand anders op die dans en hy ook saam met n ander meisie naar toe hulle een dans saam gedans het het die romanse tussen hulle opgevlam.

Die res van die aand het hulle elke dans saam gedans en het hulle metgeselle maar later met mekaar begin dans.

Of dit die lente atmosfeer was sal niemand weet nie maar die volgende aand het Stoffel ewe ongenooid vir haar kom kuier en was dit die begin van n diep liefde vir mekaar.

Lynette gaan sit voor die spieël en n sagte glimlag huiwer om haar mond as sy aan die aand dink toe Stoffel so ongenooid vir haar kom kuier het. Vandag moet sy erken dat haar hart gebokspring het toe sy die klop aan die voordeur gehoor het en hy voor die deur gestaan het met n yslike bos rose in sy hand.

In hierdie jaar wat verby is het sy Stoffel leer ken as n minsame jong man en is dit veral daardie droomverlore bruin oë wat haar elke slag lam maak.

Gou het sy uitgevind dat jy jou nie deur sy droomverlore, verwaaide houding moet laat bluf nie. Hy is n man met n kop en besit hy sy eie motorhawe en was dit nie lank nie of sy het haar werk bedank en by hom gaan werk.

Krities beskou Lynette haarself in die spieël. Sy hou van wat sy sien, lang swart hare, vol rooi lippe en die deurdringendste groen oë wat vir haar terugstaar, stoffel kry n mooi vrou besluit sy en sy gaan alles in haar vermoë doen om hom die gelukkigste man op aarde te maak.

Klop aan haar kamerdeur en haar ma stoot die deur, wat nie op knip is nie oop.

Op die skinkbord wat haar ma die kamer indra is n heerlike ontbyt van spek en eiers met roosterbrood en n koppie stomende koffie.

“Toe toe, ophou dagdroom my kind. Eet gou jou ontbyt en dan sal jy moet spring dat ek jou kan neem om jou hare te laat doen”, jaag haar ma haar aan terwyl sy die skinkbord sommer op die bed neersit.

Lynette laat haar nie twee keer nooi nie en gaan sit op die bed terwyl sy die skinkbord op haar skoot neersit.

Sy eet vinnig klaar terwyl haar ma by haar sit en toe sy klaar is sit sy die skinkbord op die vloer neer.

Ma en dogter besef altwee dit is n laaste oomblik hierdie en met groot weemoed maar ook met groot blydskap omhels hulle mekaar terwyl haar ma fluister: “Vandag gee ek my dogter af. Die huis gaan so leeg wees sonder jou en ek is hartseer daaroor. Aan die anderkant is ek bly dat my dogter n goeie man kry en ek haar in goeie hande afgee”.

Lynette druk haar ma stywer teen haar vas en antwoord: “My grootste wens was nog altyd om eendag n lentebruid te wees want die lente is die begin van n nuwe seisoen soos dit vandag vir my die begin van n nuwe lewe is”.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 122
    Kommentaar telling: 1100

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 86 gaste aanlyn