Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE LEEU

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 26 Augustus 2017 Aantal woorde: 124 26 Kere gelees Hou van

DIE LEEU

die son se goue glinster
spin haar vrouwees in jou vas
vlindersag word sy jou prooi
en laat jou rasper soos ‘n kat
haar soete heuningtrane
drup strale oor jou bors
en soos sy teen jou nestel
duifsag koer in jou oor
word jy ‘n trotse eter
en sy jou soetste spys
maar het jy dan vergeet
dat spyse uit ‘n eter kom
en soetheid uit ‘n sterke?
nie eers toe haar slinksheid
deur jou haremantel vleg
sy saggies kerm in jou oor
het jy kon droom sy’t jou bedrieg?
wie is die spys
en wie die eter
wie is naïef
en wie ‘n gewetenlose vreter
want wraak is soeter as heuning
en listigheid sterker as ‘n leeu!!

© Barbara Smit – 26/08/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 90 gaste aanlyn