Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE KEUSE

Deur Gerhard van der Merwe
Datum gepubliseer: 12 Maart 2017 Aantal woorde: 2033 269 Kere gelees 3

KORTVERHAAL
DIE KEUSE
Binne-in die koevert was ‘n pragtige sewejaartjie. Martie haal dit uit en gooi dit binne-in die graf en kyk hoe dit saggies op haar man se kis val. Met haar een plomp hand wriemel sy haar duur swart rok se soom met duidelike onsteltenis. Trane loop oor haar bol wange en haar bruin oë, agter die sluier sou rooi kon verkleur het van die woede. Sy staan alleen. Toe sy omdraai, knik sy vir die dominee en die ander twee mense wat daar opgedaag het. Sy stap vinning na haar duur Mercedes en slaan die deur toe en ry weg. Haar een mondhoek trek skeef en sy vee vinning die trane droog.
“Die vloeksteen!” skreeu sy voordat sy uitklim en stap so vining sy kan in haar welderige huis in. Sy klap die deur toe en loop na haar kantoor en bel ‘n nommer.
‘n Mansstem antwoord aan die anderkant met ‘n vinnige “hallo”.
“Ek het ‘n werkie vir jou, en jy weet natuurlik wat die betaling daarvoor sal wees.” Sê sy slinks en glimlag tevrede.
“Wie?” vra die stem saggies.
“Wie anders?”
“Jy’s nie ernstig nie…” antwoord die man saggies.
“Dis sy skuld dat ek vandag by ‘n graf moes staan. Alleen. Nou is daar niemand oor nie.”
“Ma?” hoor sy skierlik agter haar. Haar houding kalmeer en sy sit die telefoon neer. Sy draai om en haar seun kom stadig na haar toe aangestap en sit sy arms om haar en druk haar vas. Sy laat haar kop sak en druk haar wang teen sy wang. Ernst, haar 25-jarige seun staan ‘n tree terug en vra.
“Met wie het Ma gepraat? Wat se ‘werkie’ moet hy doen? Wie is hy?”
“Dis oor Pappa se testament waaroor ek hom gebel het.” Lieg sy prontuit.

Ernst is ‘n man in die fleur van sy lewe. Hy is lag-lag die aantreklikste jong man op die dorp. Al die jong meisies het al menigmale hom bewonder met sy gespierde lyf, blou oë en lig blonde hare. Sy atletiese bou het Martie al menigmale bewonder en sy weet hy oefen hard en eet baie gesond om sy liggaam in stand te hou.
“Ma?”
“Ja?”
“Hoeveel mense was op die begrafnis?”
“Vier.” Martie se oë raak koud. “Ek het die sewejaartjie wat Pappa verlede jaar vir my gegee het in die graf ingegooi. Dit was die mooiste een wat hy vir my gepluk het…die mooiste.”
“Ma?”
“Ja?”
“Ek gaan vir Erik kuier.”
“Stuur vir hom groete.”
“Hy’t gesê hy is jammer oor Pa.”

Martie loop uit haar kantoor uit en los Ernst alleen. Ernst frons en wonder waarmee sy Ma nou al weer besig is. Hy wonder met wie het sy gepraat. Hy loop vining uit die huis uit en ry vinning met sy splinternuwe VW Polo na Ernst se woonstel. Ernst is die adjunk-hoof van die laerskool. Hy is nou ongeveer ‘n jaar op Brandpoort en al die mense is gek oor die nuwe, dimaniese onderwyser op die dorp.

Ernst staan op die gras voor sy woonstel toe Ernst daar stop. Hy stap hom tegemoet en steek sy hand uit om hom te groet.
“Ja, pella. Is jou ma oraait?”
“Sy’s oraait. Ek het gesê jy stuur groete.”
“Dankie. Kom binne, ek het jou verwag…”
“Ek weet.” Sê Ernst saggies.
“My ma is alweer besig met iets. Nie asof sy al genoeg gemors in haar lewe aangejaag het nie. Ek weet sy is my ma en ek moet haar respekteer, maar wat sy in die dorp aangevang het en nogsteeds aanvang is om van ses boeke te skryf. Sy kom elke keer daarmee weg. Ek is seker sy het al saam met die hele dorp se mans geslaap en vir sommige gee sy gratis ‘medisyne’ vir hulle ‘pyne’. G’n wonder daar was net vier mense op die begrafnis nie.” Sarkasme drup van sy lippe af toe hy die deur agter hom toemaak.
“Is jy oraait, my maat?”
“Ek en my pa het eintlik nooit ‘n pa en seun verhouding gehad nie. Ek is seker sy het hom met pille verdoof en hier op die einde kon hy skaars praat.”
“Jy wil nie vir my sê dat jy dink jou ma…” Voordat Erik kon aangaan sê Ernst.
“Jip.” Erik kyk lank na Ernst se uidrukking op sy gesig en na ‘n lang stilte vra hy.
“Biertjie?”
“Asseblief.” Ernst val op die sagte bank neer en sit vooroor en sak sy gesig in sy hande in. Erik stop en sit sy hand op Ernst se skouer neer en sê:
“Mater, ek so jammer.” Hy kyk na sy vriend voor hom en hy voel so innig jammer vir hom. Hy stap stadig kombuistoe en haal vir elkeen van hulle ‘n yskoue bier uit die vreiskas uit. Die res van die bier sit hy in die yskas terug. Hy staan ‘n rukkie stil en dink oor Martie. Elke keer as hy haar gesien het, het sy nors en onvriendelik na hom gestaar. Hy weet sy hou nie van hom nie. Hy het vining uitgevind van al die skinderstories op die dorp, dat Martie die invloedrykste en gehaatste persoon op Brandpoort was. Sy het ‘n houvas op almal gehad. Sy het haarfyn geweet wat wie se swakpunte was en hulle tot haar voordeel gebruik. As die hoof-suster van die kliniek op die dorp was sy die rykste person in Brandpoort. Almal het gewonder hoe het sy dit reggekry. Erik dink terug aan wat een van die meisies hom vertoulik in sy kantoor by die skool vertel het. Sy het gesê dat Martie verkoop dwelms saam met haar medisyne wat sy voorskryf. Martie het altyd self die medisyne gaan aflaai en dan sommer partykeer die nag oorgebly by menigte van die mans van die dorp.
Hy stap terug na sy sitkamer en gee die bier vir Ernst.
Hy gaan sit langs Ernst en hulle vat saam hulle eerste sluk. Erik sit terug en sug diep en sê ernstig.
“Mater, ek is bekommerd oor jou veiligheid.”
“En ek oor joune…”
“Toemaar, ek is nie meer bang vir haar nie.”

Skaars het hy die woorde gesê of die deur van die woonstel vlieg oop en Martie en ‘n ander man stap in.
“Jou bliksem!” sê Martie en loop reguit na Erik toe. Jy het my seun van my gesteel.” Skreeu sy.
“Ma!” Gil Ernst en probeer sy ma by die deur uitstoot. Die ander man loop reg op Erik af en net toe Erik mooi orent kom slaan die ou hom dat hy terug steier in sy stoel.
Ernst is buite homself van woede en storm terug in die woonstel in en hy slaan die ou in sy ribbekas en hy hoor hoe ‘n paar ribbes breek. Maar die ou bly regop en draai om en plant ‘n netjiese hou op Ernst se kennebak. Ernst sak in mekaar en val flou op die vloer. Erik probeer nog opstaan, maar die volgende hou tref hom sekkuur en hy val ook flou op die vloer.
“Bring hom en los vir Ernst.” Sê Martie.
Die man glimlag en gooi die bewustelose Erik oor sy skouer en stap uit. Martie was klaar buite om te kyk of enige iemand hulle gesien het. Sy maak die kattebak oop en kyk hoe Erik, nogsteeds bewusteloos, in die kattebak lê. Sy klap die kattebak vining toe en hulle klim in die kar en ry weg.

Die Mercedes jaag reguit terug na Matrie se weelderige huis en stop binne-in die motorhuis terwyl die outomatiese deure vining toegaan. Koos, haal vining vir Erik uit die kattebak maar moes eers moes hy Erik nog ‘n harde hou gee. Erik val bewusteloos terug en Koos gooi hom oor sy skouer en dra hom in die huis in.
Die deur na die kelder, in die kombuis, sluit Matrie vining oop en sy sit die ligte aan terwyl sy, so vining as wat sy kan, die trappe afklim. Koos sit Erik op die stoel in die middel van die keldervloer en bind hom stewig vas. Martie vat ‘n glas water en gooi dit in Erik se gesig. Verward maak Erik sy oë oop en sien waar hy is. Hy besef onmiddellik dat hy in die kelder is van Martie se huis. Hy en Ernst het eendag toe Martie op ‘n ander dorp was, die sleutel gesoek, en toe gaan kyk na die kelder. Hulle was verstom oor die voorraad dwelmiddels wat netjies op die rakke gelê het. Daar was van alle soorte wat jou hart begeer. Ernst was erg onsteld om dit te sien. Toe Erik die middag by die huis gekom het, het hy dadelik een van sy vriende gebel en hom daarvan vertel. Dit was net ‘n dag daarna toe Martie hom by die skool kom sien het en vir hom gedreig het dat sy hom sou elimineer as hy ooit weer die polisie sal bel daaroor. Erik was stomgeslaan dat sy dit so vinnig kon uitvind. Hy weet nogsteeds nie wie sy naam vir haar gegee het nie.
“Wie het jou gesê dat ek die oproep gemaak het?” Vra Erik.
“Ernst.” Erik het nie die antwoord verwag nie en sê.
“Hy sal dit nooit doen nie.”
“Mannetjie, hoe dink jy kry ek my antwoorde. Ek het genoeg dwelmmiddels om enige iemand soos ‘n kanarie te laat sing.”
“Jy’t jou eie seun bedwelm en dan seker jou man ook…”
Dit moes Erik nie gesê het nie. Die volgende oomblik klap Martie vir Erik dat hy sterretjies sien.
“Seuntjie jy het met die verkeerde mense kom sukkel. Eers rokkel jy my seun weg van my af en dan gaan jy en jy bel die polisie in die buurdorp om my te ondersoek. Daar is iets wat jy nie weet nie…ek het kontakte orals. So help ons mekaar. Wat het jy gedink toe jy die oproep gemaak het. Weet jy nie dat ek die invoedrykste persoon hier is nie?”
Erik slaan terug.
“Jy gebruik tot jou eie seun om inligting te kry. Wat het jy in sy drankie gegooi? Hy het my daarvan vertel. Hy weet dat jy hom bedwelm het. Al wat hy nie kon onthou nie is wat hy alles vir jou vertel het nie. Jy weet natuurlik hy haat jou.”
Weer klap Martie vir Erik dat hy hik. Erik gee nie meer om nie. Hy weet dat as hy lewendig hier gaan uitkom gaan hy vir die res van sy lewe moet weghardloop.
“Martie, dink jy vir een oomblik ek is bang vir jou? Jy gaan een of ander tyd jou voet verkeerd sit en dan is dit klaarpraat met jou. Jy kan my klap, skop, martel of doodmaak, jy gaan een of ander tyd boet. Sê maar vir my, terwyl my tyd min is, hoe is jou man oorlede?”
Martie staan selfvoldaan terug en sê:
“Sien, hy het ook gekrap waar hy nie moes nie. Hy het my aanhoudend gewaarsku en gevra dat ek moes ophou. Hy wou my verkla. Kyk na my huis, my kar, my klere en my meubels. Waar dink jy sou ek die geld gehad het vir dit as ek net ‘n eenvoudige kliniek-suster gebly het. Ek het hard gewerk en genoeg kontakte opgebou…en ja…ook van ‘n paar ontslae raak om te kom waar ek wil wees.”
“Wie?” Vra Erik.
“Hoe dom kan ‘n onderwyser wees? Dink jy vir een oomblik ek sal jou sê?”
“Seker nie. Maar ek is in elk geval op geleende tyd…hoekom sê jy my maar in elk geval nie? Sien, ek weet jy gaan van my ontslae raak. En, ek het vrede daarmee gemaak dat jy hierdie rondte wen. Hoeveel mense het jy al doodgemaak…jy en jou Kosie?”
“Hoe de hel ken jy sy naam?” Martie is spierwit in haar gesig.

‘n Stem agter haar klink op.
“Ek het net die ‘redail’ knoppie gedruk en gevra wie praat.”
Santie swaai om en sien haar man agter haar staan.
“Wat de hel?” Is al wat sy kon uitkry.
Die volgende oomblik klink daar twee dowwe skote en Martie en Koos val dood op die vloer. Ernst hardloop verby sy pa en maak Erik los.
“Ek is so jammer, Erik.”
“Dankie, Mater.”




  • TEMAS
    5 Kommentaar
    1. profiel foto van Gerhard van der Merwe

      Gerhard van der Merwe

      Maart 8, 2017

      Jy kan maar die gedig afhaal.

      Baie dankie.

      Gerhard

      • profiel foto van Gerhard van der Merwe

        Gerhard van der Merwe

        Maart 8, 2017

        Ek het die gedig afgehaal.

        G

      • profiel foto van Anze

        Anze

        Maart 8, 2017

        Welkom op INK! Ek het die gedig slegs van die kompetisie verwyder maar dit is steeds op INK as jou publikasie, dis pragtig geskryf en ek hoop om nog baie van jou werk te lees.

    2. profiel foto van neels

      neels

      Maart 9, 2017

      Mooi storie Gerhard. ek wil net n wenk gee…laat n reël oop tussen jou paragrawe, dit vergemaklik die lees baie

    3. profiel foto van Ronel Janse van Vuuren

      Ronel Janse van Vuuren

      April 30, 2017

      Dis ‘n goeie storie.

      Kies een karakter en vertel die storie heeltemal net uit dié se oogpunt: dit verhoog die spanning, hou die leser betrokke en maak dat daar ‘n verrassing of twee in die einde kan wees. Bv. Erik het geweet van die verrassing in die einde, tog deel hy nie veel van homself of dit wat hy weet deur die storie nie. As die storie heeltemal uit Martie se oogpunt vertel word, sal die verrassing groter wees. Die leser kan dan alles weet wat jou karakter voel, dink en ervaar.

      Ook, jy herhaal inligting – soos dat Martie dwelms verkoop en nogal ‘n loslyf is. Wanneer jy besluit uit wie se oogpunt jy die storie wil vertel, sal dit ook makliker wees om een keer oor Martie en haar dinge te praat. Dit verhoog die spanning in ‘n storie.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Gerhard van der Merwe

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 8
    Kommentaar telling: 2

    Skryf nou so twee jaar.  Heel nuwe en wonderlike ervaring.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 53 gaste aanlyn

    Bydrae Totale