Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Die illusie van menslikheid

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 30 Junie 2017 Aantal woorde: 186 20 Kere gelees 1

Daar is ‘n ander tipe seerkry
In die mense
Rondom my
Jy sien dit in die
Lustelose drafstappie
Van die karlose
Oppad na sy
Minimumloon marteling
Terwyl sakelui
Sy waardigheid debatteer
En die wantrouige
Selfbehepte aggressie
Van die karhebbende
Wat mistroostig klou
Aan dit wat hom skynbaar onderskei
Van die dier
Jy tweet daarom is jy
En as jy my middel tot doel
my onteem
Sal ek kak en kerm
Want die versekeringspremies
Fok my op
Daar is ‘n ander tipe woede
In die voetstappe
Wat gesamentlik en kumulatief
Die vloerplanke van ons
Brandende brug laat
Ruk en skeur
Soos ‘n halftoegewerkte wond
Septies en stink
Langs rubberkoeëlletsels
Wat blom soos
Kosmosonkruid teen die
Koppies van ons gewete
Ons bid vir tuine wat brand
Maar Fok die armes wat suffer
Dis hoe dit moet wees
Daar is ‘n ander tipe onmenslikheid
In die mense rondom my
Dit maak ons blind
En doof en fokken dom
Dit maak ons hard
En goor
En koorsig
Maar rekenskap sal geeïs
 word
Jou broer is donkerder as wat jy dink
En in hierdie ekonomie
beteken jou tiende fokkol




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Francois Meyer

      Francois Meyer

      Julie 3, 2017

      Die waarheid. Absoluut briljant verwoord!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 30
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 55 gaste aanlyn