Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: *Die hiefel en die fiefel (en gekriewel)

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 28 Junie 2017 Aantal woorde: 131 46 Kere gelees 2

Sing jy van blomme?
‘wyl die vuurfeeks die septer
oor ons reënwoude swaai
Haar vlamme verleideidik
om die fynbos en Kannabas draai?

Tot daarvan net as oorbly!

Droom jy van ń kammalandse tannie?
Vol plooipleister en vullers
met lemoenronde kurwes
en ń lyf wat jou selfbeeld
ń hupstoot sal gee

maar eintlik net jou geld wil hê.

Verlang jy na die bosveldhuisie?
Waar jy snags
met oop vensters slaap
en amok met jou beminde
se hartsnare maak.

Terwyl die aarde van koers af dwaal .

Ek mis die hiefel en die fiefel
en gekriewel in my maag
as jou vingers oor my streel
en my skoenlappers ontwaak

en die lyfvryf van ons harte
op ʼn Pollenys wals…

FAK sangbundel: Titel – *Die hiefel en die fiefel

Plooipleister – grimering
Lyfvryf – styf teen mekaar dans




  • TEMAS
    5 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 28, 2017

      Goed gedoen 🙂

    2. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      Junie 28, 2017

      Dankie Fanie,

      Die projek het my kop so op hol gehad, dat ek besluit het om al die titels sommer as een mengelmoeskardoes te gebruik. 😉

    3. profiel foto van Palet

      Palet

      Junie 28, 2017

      Hou hiervan

    4. profiel foto van Anze

      Anze

      Junie 28, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie FAK projek

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Loretta Szikra

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 38
    Kommentaar telling: 45

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 19 gaste aanlyn