Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Here het geskommel, en die opvolg en gevolg daarvan…

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 22 Maart 2017 Aantal woorde: 298 120 Kere gelees 1

“lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas
en dis alright pêllie dis alright
ons kannie worry nie

‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas
en ‘n lekker meid en lekker anner dinge
oe!
lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
wat daarvan
wat daarvan
wat maak dit saak?

soes die Engelsman sê it cuts no ice
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd gaval vi’ ons
daai’s maar al

so laat hulle ma’ sê skollie
neve mind
daar’s mos kinners van Gam en daar’s kinners van Kain
so dis alright pêllie dis all right
ons moenie worry nie”

Die opvolg: Deur Robert Pearce

“Gekleurde Lotto Balletjies”

Nege-en-veertig jaar gelede skryf Adam Small:
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd gaval vi’ ons
daai’s maar al

In die 1990’s antwoord Willemse:

“Fokkie dice pêllie!

In 2010 is die dice verouderd
en vervang met Gekleurde Lotto Balletjies
wat nog steeds in korrupte Suid Afrika
verkeerd val vir die Kleurlinge

Coloureds, hou op complain. Lig julle stêrre en doen
iets vir die Bruin Nasie

Of traai ten minste: Lotto-plus!

…maar die Swartes skommel nou die Lotto balletjies,
die Here vergete….”

*** Ek MOES eenvoudig die 2 stukke saam plaas . Hulle loop hand-aan-hand.

“Adam Small: (Wellington, 21 Desember 1936 — Kaapstad, 25 Junie 2016) was ‘n Suid-Afrikaanse skrywer en een van die belangrikste Afrikaanse verteenwoordigers van die Swartbewussynsbeweging. Small het veral bekend geword deur sy gedigte en toneelstukke. In sy literêre werk stel hy die agterstelling van kleurlinge onder die apartheidsbewind sentraal, maar ook die kloof wat as gevolg van rasseskeiding tussen die verskillende Afrikaanstalige gemeenskappe ontstaan het. Small het ook n Hertzog toekenning verwerf.”

Robert Pearce: Akademikus, skrywer, digter liedjieskrywer, ens




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Loretta Szikra

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 43
    Kommentaar telling: 47

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 57 gaste aanlyn