Die hemel het geval
Opgekrul onder ‘n warm kombers,
met rumatiek in heupe en vingers
en ‘n sopie om die pyn te vervang;
daar het die koue hom vasgevang.
Smagtend na lekker rooibos tee,
om koukoors, wat bewerasie gee,
te verja tot waar warmte ontstaan;
daar waar die koue heel vergaan.
Die diepe verlange na ‘n sonnetjie
in die eentonige enerse wêreldjie,
om sy weg weereens te kom baan;
dis waarna hy verlang as veteraan.
Want die hemel het geval op aarde,
dik en vet vloei sy trane in hul bane
wat stil op die vensterrame kom rus;
mis, mis, net waar jy kyk is daar mis.
13/05/2017©C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.