Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die gesoebat vir ‘n pan

Deur Karin Muller
Datum gepubliseer: 26 April 2017 Aantal woorde: 279 81 Kere gelees 3

Die meeste van ons het al die advertensie gesien waar ’n sekere winkel ’n spesifieke pan adverteer.

Dit is ’n ongelooflike pan wat die pannekoeke so lig soos veertjies laat omdraai. ’n Pan wat jy sommer met kombuispapier kan uitvee en weer gebruik. ’n Pan wat ’n nuwe lagie Teflon by die fabriek kry wanneer die oorspronklike lagie verweer; dan het jy weer ’n splinternuwe pan.

Hierdie advertensie is wrintiewaar die ware Jakob – behalwe vir die goeie diens wat met die nuwe lagie Teflon gepaard gaan.

Ek het ’n paar jaar gelede my beursie omgedop en vir my so ’n pan gekoop. Ek was beïndruk. Aangesien ek hierdie pan so baie gebruik het, het ek vir my ’n tweede pan gaan koop – óók by die winkel wat dit so ywerig adverteer.

Die eerste pan het ek in Oktober 2016 ingegee omdat sy Teflon-lagie kapoet was. Met die skryf van hierdie rubriek het ek nog steeds nie my pan teruggekry nie.

In vandag se wêreld raak ’n mens gewoond aan swak diens, maar soveel verskonings het ek lanklaas gehoor. Dit is uiterste swak diens; meer as “normale” swak diens.

Wat my ontstel is dat my tweede pan nou ’n nuwe Teflon-lagie moet kry. Na ses maande is my eerste pan nog nie terug nie.

Ek vroetel in die kaste en haal Ouma se aluminiumpan uit wat lyk of dit deur die hael geslaan is. My pannekoeke gaan waarskynlik vassit en dit gaan meer as ’n velletjie kombuispapier vat om dit skoon te kry.

Maar Ouma se pan word nie vir goeie diens gesoebat nie. En dít is wonderlike nuus!

http://www.netwerk24.com/ZA/Noordkaap/Nuus/ouma-se-pan-word-nie-gesoebat-20170425-2




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      April 26, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Karin Muller

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 14
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 38 gaste aanlyn