Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Feë van Bremen

Deur Ronel Janse van Vuuren
Datum gepubliseer: 22 September 2017 Aantal woorde: 1771 31 Kere gelees 2

Die woestyn was ‘n woeste plek. Vier Feë – ‘n swart-en-bruin Feetjie Hond, ‘n pikswart Feetjie Kat, ‘n veelkleurige Feetjie Haan en ‘n grys Waterperd – loop sonder hoop in die verlate sand ryk.

Tony die Feetjie Hond doen sy bes om die koelte oor hul almal te hou. Soos hy hyg beweeg die koelte en laat sonstrale deur. Hul weerstand teen die woestyn gee mee soos hul spore aanhoudend uitgevee word en selfs met sy sintuie as ‘n Feetjie Hond is dit moeilik om te bepaal presies waar hulle is.

Die dors word so erg dat nie eens die Feetjie Kat meer aan kattekwaad kan dink nie. Droë rivierlope maak hulle moedeloos. Die duine beweeg geruisloos, tog is die stilte oorverdowend. Selfs die Feetjie Haan is vir ‘n wonder tjoepstil.

Hulle is vêr van alles verwyder. Hulle kan nooit weer terug gaan nie. Die geraamtes wat hulle plek-plek vind maak hulle net meer gedetermineerd om hul pad uit te vind voordat die woestyn hulle vir altyd hou. Die Feetjie Hond was seker dat rooi sanddrake wil-wil uit ruis om hulle heel in te sluk.

Tony se tong voel droog. Woestyne is nie ‘n plek waar hy van hou om homself te bevind nie. Maar hy kon ook nie in die Labirint bly nie. Hy sug en ‘n sterk wind steek op oor die woestyn en blaas sand weg van hulle af. Die muur van sand beweeg oor die woestyn en Tony verbeel homself dat hy dit kan hoor gil. Hy skud sy kop en loop verder.

Die Feetjie Hond kan nie glo dat hy deur ‘n woestyn saam met gediertes van die Labirint reis nie. Net soos hy nie kan glo dat sy beskermling weggehardloop het saam met een van die Fee van die Labirint en weier om terug te gaan na haar familie in die mensewêreld nie.

Hy hou die ander Feë dop. Hulle het al lankal verduidelik hoekom hulle ook hulself in die woestyn bevind. Nie een van hulle kan terug gaan na die Labirint nie. En hy kan nie terug gaan na Feërie nie. Die Feetjie Hond sluk swaar. Hy kan nooit weer terug keer na sy hondetrop nie. Die skande van sy beskermling en sy eie mislukkings druk swaar op hom.

Die Waterperd val om op sy sy en proes.

‘Ons gaan nooit êrens uit kom nie. Ons gaan hier in hierdie rooi sand hel vergaan.’

Tony byt hom op sy boud en die Waterperd vlieg op.

‘Wat was dit voor?’

Die ander mor. Maar niemand stry met die Feetjie Hond nie.

Hulle stap aan. So nou en dan spuit die Feetjie Kat die Waterperd nat met vog wat hy uit die lug om hulle trek.

Die Feetjie Haan skop ‘n klip en dit tref Tony.

‘Asof ek dít nie al gehoor het nie.’

Tyd val uitmekaar soos die wind oor die eindelose see van sand waai.
#
Eindelik kan Tony meer as net warm woestyn ruik. Die son sak al laer en hy weet dat hulle maklike prooi sal wees vir die jagters wat in die rooi sand skuil. Hy maak hul pas vinniger in die rigting waar die nattigheid vandaan kom.

Gou genoeg kan hulle ‘n woud voor hulle sien.

‘Wag! Is dit nie –’

Die haan breek af toe die son net-net oor die horison nog gesien kan word. ‘n Jag kreet vul die lug. Vinnig maak hulle hul pad na die woud.

‘Maar dis die woud van Bremen! Dis getoor!’

Die koelheid van die woud omvou hulle onmiddelik. Die hardheid van die woestyn, die jillende jagters als skielik asof van ‘n ander wêreld.

‘n Ent in kom hulle tot stilstand. Die woud is heeltemal stil. Nie eens die wind wat Tony duidelik deur sy pels voel maak geraas soos dit deur die bome waai nie.

Iets is duidelik nie reg nie.

Die blare skitter asof hulle lig binne hulle het. Tony skud sy kop. Hy weet die verskriklike hitte van die woestyn en sy groot dors maak dat hy nou dinge sien. Selfs Feetjie Honde is nie immuun teen dehidrasie nie.

vra hy die ander.

antwoord die Feetjie Kat.

‘Ek kort dringend water,’ antwoord die Waterperd.

Stilte.

Tony kyk om. Nog die hele dag kon die haan nie stil bly nie en nou…

Die Feetjie Haan is nêrens te sien nie.

Hulle soek hom orals. Maar hy het nie afgedwaal nie. En hy lê nie êrens ineengesak nie. ‘n Paar platgetrapte blare vertel die storie van hoe die haan gesteel is.

‘Hoekom het hy nie uitgeroep nie?’ vra die Waterperd.

Tony snuif die lug, maar die woud se reuke bly onbekend. Moeg soos hulle is, volg hulle die spoor van gebreekte takkies en vermorselde blare dieper die woud in.

‘Water!’ gil die perd en hardloop in ‘n poeletjie in.

Die Feetjie Hond en die Feetjie Kat hou hom dop soos hy baljaar in ‘n hoop blare.

vra die kat wat skaars sy lag inhou.

vra Tony vir die Waterperd.

Die Waterperd hou op rond rol en runnik. Hy kyk om hom rond en besef dat niks is soos hy gedink het nie. Met soveel waardigheid as moontlik, staan hy op en skud die blare van hom af.

Hulle loop aan. Tony kan nie die gevoel afskud dat iets hulle dop hou nie. Maar hy kan wat ook al dit is nie sien of ruik nie.

vra hy die ander sonder om om te draai.

antwoord die Feetjie Kat.

Stilte.

Tony draai om. Die Waterperd is weg. Hy en die Feetjie Kat kyk vir ‘n oomblik vir mekaar en loop terug in die rigting van die hoop blare. Die Waterperd is nêrens te sien nie. Maar hulle vind ‘n paar pyltjies in die bome en grond wat nie vroeër daar was nie. Tony snuif dit en ruk sy kop weg.

‘Kaboutermannetjies.’

Die Feetjie Kat klim die naaste boom en staar in die woud in.

Tony maak sy oë toe, sy gedagtes kalm en gebruik sy sintuie om uit te reik na die woud.

Diep in ‘n vallei in die woud is ‘n hout huis. Hy kan sien dat dit van doringboom hout gebou is en baie toorkrag besit – nog meer as die woud om hom. Binne die huis is ‘n groot bad water met die Waterperd binne dit. Die Feetjie Haan is in ‘n hok wat van die dak af hang. Kaboutermannetjies van elke soort vul die huis. Hul wapens skitter gevaarlik.

Tony maak sy oë oop.

vra die Feetjie Kat nadat hy ligvoets langs Tony op die grond land.

vra hy die slinkste gedierte in Feërie.

Die Feetjie Kat glimlag en deel sy plan.
#
Tony kan nie glo dat hy ingestem het met die kat se plan nie. As die ander Feetjie Honde hom nou moes sien… Hy loop stadig na die huis, takke vol zoemende insekte wat uitstaan soos vlerke is aan hom vas met toorkrag. Hy hoop net dat die goue perdebye wat van kaboutermannetjievleis hou hom nie met die monsters in die huis verwar nie. Die woud van Bremen is vol gediertes wat uit Feërie ontsnap het toe die Skeur gevorm is so lank gelede. Jagters en hul prooi vul die woud en toorkrag swiep ongetem deur die hele plek.

Hy kan die Feetjie Kat sien waar hy op ‘n tak buite die hout huis staan en by ‘n venster in loer. Toe die kat die teken gee, loop Tony vinniger en maak onaardse geluide.

Die kaboutermannetjies steek hul koppe by die venster uit en wys opgewonde in Tony se rigting. Dis duidelik dat hulle glo dat hy hul gunsteling prooi is: die Griffioen.

Hulle storm jillend op hom af en Tony kan homself in dink die vrees wat selfs ‘n Griffioen sal voel op daardie oomblik. Hy sien hoe die Feetjie Kat by die venster in glip. Voordat die kaboutermannetjies by hom kan uitkom laat Tony die goue perdebye vry en verdwyn soos die swerm die kaboutermannetjies takel. ‘n Gegil klink op, maar die perdebye is te veel vir die monsters. Die wat kan, hardloop weg terwyl die ander geëet word deur die vleisvretende bye van Feërie.

Hy is nie trots op homself nie. Die hele plan stink soos net ‘n Feetjie Kat se planne kan, maar hy kan nie stry oor hoe effektief dit was nie. Die Waterperd, die Feetjie Haan en die Feetjie Kat staan in die deur van die hout huis en kyk na hom.

sê die Feetjie Kat met vernoude oë.

Tony klem sy kake. Hy weet die kat is reg. Maar dit pla hom hoe sy lewe net skielik verander het.
#
Die kos, die water en die beskutting wat die doringboom hout huis hom bied is baie welkom na die dag wat hy gehad het. Tog wonder Tony steeds of hy nie maar teen sy beskermling se wense moes gegaan het en haar uit die Labirint moes gesleep het terug na haar mense nie. Dan kon niemand sê dat hy nie sy bes gedoen het nie. Dan kon hy terug keer na Feërie. Al was sy beskermling wat hy basies groot gemaak het sielsongelukkig.

Tony draai op sy sy voor die vuurherd, skielik koud na ‘n dag in die woestyn. Hy maak sy oë toe en probeer slaap.

Nie lank nadat hy sy lê gekry het nie hoor hy iets buite die huis. Sy neus vertel hom dis ‘n groep kaboutermannetjies. Sonder om die ander wakker te maak, loop hy na die deur, maak dit oop en welkom die donkerte van die woud in.

‘Daar’s te veel van ons.’

Hy kan hoor hoe hul harte vinniger klop en hul asemhaling té vinnig kom.

‘As ons jou alleen los?’

Hy hoor hoe hulle saggies weghardloop. Toe nie een oor is nie sug hy saggies en gaan sit in die deur. Hy staar die donker woud in, vrae oor sy toekoms deurmekaar in sy kop.

‘Jy weet, ek dink jy het al almal wat jy vandag ontmoet het gedreig om geëet te word,’ sê die haan agter hom.

‘Miskien. Maar ek dink nie dis vir kos nie.’

Tony klem sy kake.

‘Luister, ek weet jy hou nie van ons nie. Ek weet jy wil terug gaan na jou lewe soos dit was. Ek weet ook jy kan nie. So hoekom vat jy nie maar een dag op ‘n slag nie?’

Tony knik stram en die haan gaan terug na waar hy vroeër geslaap het.

‘n Sagte tjirp-tjirp êrens in die woud hou Tony se aandag soos hy diep asemhaal. Hy weet die ander Feë is reg. Net dalk word Bremen sy nuwe tuiste.
##




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Ronel Janse van Vuuren

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 52
    Kommentaar telling: 241

    Daagliks skryf ek die stories neer wat in my kop woel. Of dit nou oor olifante en kabouters in die Knysna bos is en of dit oor ‘n tienermeisie is wat die wêreld moet red, ek is daar.My wêreld draai om my twee Rottweiler seuns – hulle leer my om die perfekte dag na te streef, want vandag kan die laaste wees. Die perfekte dag: lag, dink en huil. Om te skryf maak elke dag die perfekte dag. In 2016 was ek ook benoem as Verhaalskrywer van die jaar hier op INK. Ek kan gevolg word op Twitter @miladyronel en meer van my gedagtes kan gevind word op my blog https://ronelthemythmaker.wordpress.com/.

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 117 gaste aanlyn