Jongste aktiwiteit:

Die Brug Van Sugte

Die Brug Van Sugte

Dis droogte
hongersnood
inflasie en oorloë,
té veel ellendes om op te noem, maar
o, die sug, die ontboesemende sug,
soms so onnodig pessimisties maar
wat woordeloos tog so baie kan sê in
pyn en moedelose bedrukte verdriet
Luister na negatiewe toekomsvoorspelligs
van duistere gevare wat wag en jy slaak
‘n sug van verligting want niks het gebeur
en die oeroue aarde lag in leedvermaak sy
tektoniese skuiwe pionne in sy skaakspel
Vasgekeer deur probleme geen uitsig of hoop
asof jy in ou Venesië uit die hof loop oor die
brug van sugte om jou vonnis uit te dien en
vir oulaas bloulug sien deur die brugvensters,
alles maar gelate aanvaar en boedel oorgee…
O, die sug, die ontboesemende sug,
soms so onnodig pessimisties maar
wat die swaarkry en leed kan versag ook
die druk van probleme verlig en ontlont
jou vriend en vyand.

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed