Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die BEVOLKING as ORGANISME

Deur Toom
Datum gepubliseer: 1 Oktober 2017 Aantal woorde: 1976 365 Kere gelees 7

Die Bevolking as Organisme

‘n Volk is ‘n organisme. Dit wil sê, dit is ‘n lewendige wese wat (te enige tyd in die verlede) gebore is en (te enige tyd in die toekoms) gaan sterf. Dit beleef groeifases of -stappe, dit vorm organe (Bv. ondergroepe wat ons stamme noem), kan deur ‘n oorlog of natuurramp, byvoorbeeld, siek word en daarna weer genees, kan sommige organe verloor en aanpas om verder te leef. ‘n Volk het voedsel nodig, onder meer in die vorm van kultuur, en speur die drang om homself te vermeer.

Die germaanse tale beskik oor die begrip volk. Bevolking is daarvan afgelei en toon ‘n statistiese oorsig oor alle bewoners van ‘n geografiese gebied. Stam en soort is begrippe wat op ‘n natuurlike verwandskap en gemeensame eienskappe van die enkele lede dui en op die noodwendigheid soos die bome in die bos mekaar te ondersteun en ondersteun te word. Bevolkinge, volke, stamme word deur natuurkundiges by alle lewevorms — plante én diere — beskryf. En vanselfsprekend gebruik ons hierdie begrippe in menslike samehang ook om aan te dui dat enkelinge aan die groep behoort. ¹) Of ‘n volk gerieflik voel, selfs of hy oorleef, hang af van die lewe van sy lede, van die gesondheidstoestand van enkelinge. Dit kan ons aan hand van die verskynsels woud- en byesterfte begryp. Daartoe speel nog ‘n eienskap saam: Die simbiose, die afhanklikheid van die soorte van of onder mekaar; ‘n bevolking sou kon uit verskeie soorte bestaan.

Hoe lyk dit by die mense? Die bevolking van Duitsland stem nie honderdpersent ooreen met die duitse volk nie en bevat groter of kleiner elemente van ander volke, sowel die „oudbestanddele” Alemanne, Friese, Dene, Wende asook nuwe groeperinge wat onder ander as „gas-(of vreemd-)arbeiders” woonplek gevind het: Turke, Jugoslawe en ander.

Die grafiek van ‘n menslike bevolking toon die verhoudings tussen oud en jonk, manlik en vroulik as piramide: Links die seuns, regs die meisies, in die middel heelbo die oudstes, en die jongstes op die basislyn links en regs na buite. Die hoek van die buitelyn wat na binne en bo opstyg toon hoe ‘n gegewe bevolking geskaf is: ‘n Hoë geboortsyfer met ‘n hoë kindersterflikheid gee ‘n (te) breë basis, sigbaar deur ‘n uitlopende boog, soos in die derde wêreld of in die middeleeue en deur die te vlak hoek van die buitelyn. [Afb.3b]

Die verhouding links-regs dui op die balans tussen mans en vrouens; na ‘n oorlog verskyn byvoorbeeld aan die manlike kant ‘n inkérwing by die gesneuweldes, die tussen twintig en veertig, die kerf klim met toenemende ouderdom van die betrokkenes jaar vir jaar hoër; aan die vroulike kant is die kerf nie altyd so betoond soos by die tweede wêreldoorlog nie. [Afb.1]

[Afb. 1 ]Duitsbland 1950 Bron: Statistisches Bundesamt ©]

Tans lyk die meeste „bevolkingspiramides” in Europa op ander manier ontsettend, Duitsland ingesluit. Pleks van ‘n breë basislyn waarby baie klein kindertjies daargestel word (hoë geboortssyfer), het ons aan altwee kante ‘n eng basislyn met ‘n steil na binne opstygende trant¹, in sommige gevalle ‘n byna loodreg lyn², in enkele boë ‘n trant na buite³. Hierdie lyne beteken in volgorde: swak groei weens ‘n baie klein oorhang geboortes oor die voorafgaande jare¹, gelykstand sonder groei² en bevolkingsagteruitgang (minder geboortes as in die voorafgaande jare)³. In die tweedimensionale daarstelling ontstaan daaruit nie meer die bekende prent van ‘n uitgebreide denneboom (piramide) nie, maar ‘n slank sipres (suil) met ongeveer ewesterk ouderdomsgroepe tussen twintig/dertig tot om en by die sewentig jare. [Afb. 2&5]

 

[Afb.2] Diuitsland 2050 (voorspelling) [Bron: Statistisches Bundesamt, ©]

> ‘n Mens se jare is sewentig en as dit goed gaan, tagtig <

Op die voorlaaste bladsy van die gemeentebrief word die verstorwenes in die gemeente in die laaste tyd saamgedra. Die getal tagtigers (tussen tagtig en nege-en-tagtig) bedra byna die helfte, diegene in die neëntigs (boontoe oop) is soms groter as díe tussen sewentig en nege-en-sewentig en saam tel hulle nie heeltemal soveel sterftes as die tagtigjariges nie. Die veel kleiner getal mense wat met nege-en-sestig en jonger sterf (ongeneesbare siektes, padongelukke, burnout, ens.) kan as daardie korreltjie aangesien word wat die weegskaal uit gelykstand bring: Of die tagtigers reeds die helfte van die sterftes daarstel of nog nie. Die nou lewende mense oor tagtig is die oorlewendes, die nie-gestorwe jong mans en vrouens in die kerf van die tweede wêreldoorlog nl. die Trümmerfrauen, die vrouens en meisies wat agterna die oorlogspuin opgeruim het, en teruggekeerdes uit die gevangenskap. Op die bevolkingsgrafiek stel hulle tans ‘n smal spits daar, soos ‘n selfoonmast op ‘n kerktoring. En die fondament van die kerktoring kalf weg weens die geboorte-teruggang.[Afb. 5] ²) Kyk gerus in die gemeentebrief van u kerk of in die maandelikse statistiek van die geboortsregister van u munisipaliteit na! (Miskien is daar onderskeide tussen plattelandse en stedelike bevolkings? Ek woon op die platteland.)

[Afb. 3a,b,c] [Bron: U.S. Census Bureau, International Programs Center, International Data Base ©]

Die volk moet voedsel opneem en homself voortplant. En as die Europeërs te lui of vernaam is om hul eie nakomme saam te stel, kry hulle hulp van buite. Kyk nogeens na in die statistiek onder „Geboortes”. Eerstens is hulle dikwels minder as die sterftes, tweedens is in sommige munisipaliteite ‘n sterk minderheid name uit die slawiese, turkse en middelmeer-gebiede (Nie vergeet dat sommige name reeds in vorige eeue al „verduits” is nie). Kyk maar in die media hoe volhardend swartes uit Afrika in meer of minder onseevaardige bote spring met die hoop om die paar seemyle na Europa en ‘n nuwe lewe teweeg te bring. Die volke wil voortplant, en dit gaan hulle ook. Die tekortkoming by die geboortes gaan deur immigrasie en meerlingsgeboortes aangevul word.

[Afb.4][Bron: In September 2007 verskyn in Eulenspiegel hierdie tekening von Burkhard Fritsche.©]

Verpleegster:  Met u gaan dit goed mevrou Oppermann! As ek eendag oud word, is daar glad geen nasaat vir verpleegsters nie!”

Wat is die (europese) definisie van ‘n skopgraaf? ‘n Lang staaf, aan die een einde ‘n klomp modder, aan die ander einde ‘n Gastarbeiter (‘n buitelander wat hier swaar werk verrig, wat die drekarbeid doen, „vreemdarbeider”).

Wie werk dan swaar, met die aarde en sy produkte, met lewende wesens, mense ingesluit, terwyl die Europeërs, veral die Middel- en Wes-Europeërs, sonder om hul vingers te besmeer, hulle afgee met hoër dinge soos fisiek, elektroniek, EDV (Elektroniekdataverarbeiding), administrasie, ekonomie? As ons hoor dat geen Duitser so aspersies kan uitsteek soos die Ukraïners en Tjegge, dat poolse professore hul skamele loon in die semestervakansie by die aarbei-oes verbeter, dat Schwarzarbeiters (onwettige werkers) uit Litoue die gunstigste werkers op die voloutomatiseerde plase met „slank bedryfsmetodes” is, dan word dit tyd om te oorweeg hoe die volk as organisme voedsel opneem, hoe die doodsiek liggaam voor die dood gered kan word en, as dit goed gaan, voortplant.

Ons sien dat daar al hoe minder kinders is, dat daardie liggaam op baie waggelike voete staan omdat die breë basis van kinders ontbreek. By die versoek om hierdie verskynsel na te vors het verskeie oorwegings na die oppervlakte opgedryf. ‘n Prikkelende vraag is, of die kinders ooit hiernatoe wíl kom!

Ons verbeel ons, daar’s ‘n wagkamer in die hemel waar die ongebore siele vir hul reis na die aarde voorberei word. Na die aarde wil hulle kom, die lewende aarde. Daar waar klip, sand en leem saamkom om landskappe tussen die oseane te bou; waar veelkleurige, geurige, lewende plante in en op die aarde leef, groei en gedy; waar hoefdiere van een weiveld na die ander wandel, gevolg deur die roofdiere vir wie hulle as prooi dien. Daar is veelvormige, lewendige diere, sommiges vlieg deur die lug, andere swem deur die water. Na die aarde wil die siele kom om hul sewentig tot tagtig jare te leef met die plig om die plante en diere en die aarde te pleeg en vreugde daaraan te hê.

Ons verbeel ons verder dat die siele van die verstorwenes wat terugkeer, by hierdie wagplek bietjie bly staan en kort berig hoe dit daaronder lyk. Dán besluit miljaarde van siele om liewer in die onherbergsame woestyn, die doringagtige oerwoud en die skurwe berggebiede van die „derde wêreld” ‘n liggaam te soek, as in ‘n karige anti-opvoedkundige euromerikaanse kinderkamer in te trek met sy dodelike higiëne, met kind-ongeregte speelgoed en hoogintellektuele leerspele, met volwassenes wat op oppervlakkige vertoon bedag is en wat oënskynlik die kind soos ‘n groen perske wil rypdruk! (Sodat dit nóg vroeër geld kan verdien?) Dis soos wanneer hulle eintlik wens dat die kind met agtien jare gebore word om die „vermorsde tyd van die kindheid” (J.J. Rousseau) weg te laat.

Die kind is omsingel deur die dood in die vorm van skreeulelike, styf, lewelose speelgoed uit plastiek in die steriliteit van die huishouding, van langasem verklarings (wat vér oor sy begripsvermoë gaan), welke volwassenes wat vergrys voorkom in antwoord op kindervrae gee ³), van gierige outiste wat die neo-liberale markekonomie krimineel uitbuit, van paniekerige histerikerinne van beide geslegte wat byvoorbeeld sonder sin of rede die prys van fossiel brandstowwe skielik laat styg en val. Van propaganda en manipulasie, van hopelosigheid, wat na dountkêr lei, as ewige atmosferiese toestand, vér van die lewe af.

Wil ek dit beleef? Wil ek dit word? Vra die sieletjies. Daarby wou hulle net op die lewende aarde met sy lewende bewoners LEWE en sterf.

Miskien hoef die verpleegster nie oor haar toekoms te bang nie. In sy onderbewussyn sal die volk weet hoe hy hom self kan red. Miskien stem die volk en die bevolking eendag weer honderdpersent ooreen? Miskien is dit nie nét ‘n Christelik-sedelik-sosiale plig om die hongerlydendes wat by die Schengen-grens4) staan en aan die deur klop, te laat inkom nie, maar ‘n eties-patriotiese opgawe om die volke van Europa aan die lewe te hou.

Of sou hulle soos die Grieke en Romeine moet uitsterf om later weereens deur barbaarse hordes vervang te word wat dan van vooraf moet begin?

Ook moontlik.

Baie moontlik. Ook vir ander lande, nie net in Middel-Europa nie.

………–……….

¹) [Menige taal ken nie volk en mens nie, sodat die vertaler van ‘n rede wat Duits (ook Afrikaans!) gehou is, moet hulp soek by nasie, ras en stam (nou ook etnië) op die een kant, op die ander kant, persoon.]

²) [Die volgende diagramme dui, vir leerdoele, die „Ideaalgeval” aan: Lewende bevolkings toon heelwat afwykings weens die heersende lewensomstandighede (oorlog, epidemie, die pil, ens.)] 

[Afb. 5] [Bron: Statistisches Bundesamt, ©]

1. Piramide: Die bevolking groei konstant, aangesien daar duidelik meer jonges as oues is.

2. Klok: Die aantal geboortes is oor jare stabiel, die bevolking bly algeheel ongeveer dieselfde.

3. Urn: Diese vorm ontstaan wanneer die geboortes oor die jare minder word, en dit bring ‘n verkleinerende bevolking tot stand. Bv Ierland, reeds in die vyftig-, sestigerjare.

4. Blaar: Hier is geen noemenswaardige geboortssyfer nie, die bevolking gaan onvermydelik uitsterf. Bv Strandlopers”, Aborigines”.

³) [Lees bv. Gabriele Wohmann: Paulinchen war allein zu Haus; Sammlung Luchterhand, 1979. ‘n Leidende persoonlikheid onder die Agt-en-sestigers” skryf aan hand van ‘n sewejarige meisie ‘n verherende roman oor hoe dit gaan lyk as alles gemaak en gedoen word wat die beweging verlang het.]

4) In die stad Schengen het verteenwoordigers van die Europese Unie saamgekom en besluit hoe om met ongewenste onwettige immigrante om te gaan, hoe om Europa af te skerm”.

[Hierdie gedagtes het ek al om en by tien jare gelede opgestel: Lyk my dis vandag aktueler as ooit tevore! Nie net in Europa nie!]

©17e. November 2016…………………oooo……………………………………………tje

EKSKUUS, MENSE! EK WEET NOG ALTYD NIE HOE OM ‘N PRENT / FOTO / BEELD … OP TE LAAI NIE!!!

DIE DIAGRAMME SOU IN PLAAS VAN DIE VOORBLADFOTO VERSKYN.

DAN MOET EK (ONS) EWE WAG TOT ‘N KIND VAN MY WEER KOM BESOEK!!!

MOS!   NÈ?

(Behoort onder: „Politiek — Europa en die wêreld” en „Vlugtelinge in Europa”.)




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Januarie 21, 2017

      hierdie het ek nou baoe leersaam gevind Toom

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 142
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 36 gaste aanlyn