Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Bedevaarder

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 18 Mei 2017 Aantal woorde: 105 152 Kere gelees 4

Die Bedevaarder

‘n duisend myl se loop
‘n harde pad vol klip en gate
belofte sê sy’s vrygekoop
verdra die swaarkry maar gelate

‘n duisend trane vol berou
‘n skaamkry sluier wat bedek
geen kettings wat haar meer vashou
net gerifde letsels wat haar polse lek

‘n duisend keer probeer om te vergewe
haar siel verloën al was sy reg
bitterheid en seer te los in die verlede
bly stil…draai om…stap weg…

“O vee tog skoon met Hyssop, ek weet dat ek dit nie verdien,
tog beur ek deur die bitter newels om die torings van Utopia te sien!”

© Barbara Smit – 15/5/2017




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Mei 18, 2017

      Barbara,
      Ek dink jy’t geslaag in die boodskap wat jy wou deurgee met jou vers.
      Ek het drie klein (vragies) voorstelle:
      1. ‘loop en loop’ kan funksioneel nét ‘loop’ wees. Die ekstra woorde dra nie by tot ‘n beter ritme nie.
      2. In die 2de strofe wil ‘suil’ en ‘opgerof’ vir my effe geforseerd voel en blyk die gebruik net te wees om die rymskema te ondersteun. Dit pla nie baie nie, maar indien jy dalk kan kyk of daar nie ander geskikte woorde is wat sal pas nie.

      Ek hou van jou gedig. Die sluitingsstrofe is pragtig en ondersteun jou tema mooi.

      Skryfgroete
      IM

    2. profiel foto van Barbara

      Barbara

      Mei 18, 2017

      Hello IM, baie dankie vir die tyd wat jy stilstaan om my te help. Ek sal so bietjie dink en dan verander – 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 52 gaste aanlyn