Jongste aktiwiteit:

DEURNAGDANS

DEURNAGDANS IN DIE WOUD

Die dennewoud se feëkoningin
Stuur Kabouters met ñ uitnodiging:
feëtjies en kabouters van heinde en ver
In bling geklee en ñ septerster

Vlerkies vibreer in ritme-ekstase
Voetjies moeg en seer met blase
Kabouters te bly om hulp te verleen
Swiep-swiep-swaaiend steun-en-been

Vuurvliegies help om die nag te verlig
Dansparty onder sampioene en in die lug
Die vrolik’ feestelike gelag en gekraai
Gepunte voetjies en blink rokkies tog te fraai

die feëkoningin pantzuli uitasem verleë
Fanie Kabouter mazurka met sy liefdesfeë
vlieënde insekte statig op ñ kalfiewals
Kanarie sing ñ laf-lawwer-lafste-koeterwaals

Nektarwyn op die huis
Sprinkaan en kriek en muis
Se dansorkes sal musiek maak
T o t d a g b r e e k d e u r k r a a k




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed