Jongste aktiwiteit:

Dertien letters teen die blou

miskien, in die laatheid van die lente
een oggend, in die vroegste môre-uur
wyl eerste lig oor die wydste Karoo
teen skamel gras en bossies vuur –

dalk, net so neffens Beaufort-Wes
waar koue klip tot gouebruin verkleur
en lammers teenaan heiningdrade wei
vind ek – per abuis – ‘n gompouveer

en doop dit in die bittereinder nag
wat nog in donker klofies ink
en skryf dié letters teen die eerste blou
wat weer “ek’s lief vir jou” in woorde klink

© C. Shaw
1 Maart 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed