Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dankbaarheid

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 7 April 2017 Aantal woorde: 85 69 Kere gelees 3

vroeg vanoggend spoel
water van diepe dankbaarheid, koel
deur my siel en deur my hart
oor al die omgee-mense op my pad
hulle trek die sluise van hul liefde wawyd oop
bring vir my nuwe hoop
hulle steek hul hande uit
wat ek gryp met dankbaarheid
hulle help my om weer hoop te vind
huil saam oor die hartseer van my kind
ek dank u, o Heer vir omgee-mense rondom my
hulle breek my kettings en maak my vry

VRY OM WEER LIEF TE KRY




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 131
    Kommentaar telling: 68

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 36 gaste aanlyn