Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Collage van liefde

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 28 Februarie 2017 Aantal woorde: 99 194 Kere gelees 4

Collage van liefde

So kalm, so rustig, kom neem my hand
ek het my hart aan die toekoms verpand
stukkies en repies uit gisters gaan haal
saam in ‘n raam gecollage tot verhaal

geniet en gekoester die hele dag lank
ons liefde bely in die mooiste neurie-klank
elke hoekie vol passie en propvol van jou
met hartstog wat soos ‘n kombers om ons vou

my siel en joune vir ewig verbind
hande en oë wat wat bevrediging vind
jou hart so polsend voel klop hier teen my
en soet is die vreugde wat in my gedy!

© – Barbara Smit – 28/02/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Februarie 28, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 58 gaste aanlyn