Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Chrisoliet glans

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 27 April 2017 Aantal woorde: 133 136 Kere gelees 5

Chrisoliet glans

Hier is ek Heer, maak my eselin,
hou my nederig – gewillig om net U te dien
maak oop my oë Jesus Heer
verby my eie lig en wil te sien
want trots en eiewaan
so misleidend tot leier wees gebeeld.

Leer my hande om te bou
die fondament van my gebed op rots te hou
versier met slegs U alomteenwoordige Gees
Chrisoliet Glans wat my soos ‘n muur omring
Gods woord in my mond te lê
om soos ‘n Leeu se stem te klink.

Grawe vir my ore Heer
help my om gehoorsaam aan U te wees
hou my volkome rein in my weë
dat ek guns in U oë sal vind
my slawekroon in Egipte neer te lê
Wolk en Vuur te volg tot in die nuwe Jerusalem.

© Barbara Smit – 12/4/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      April 28, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 81
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 44 gaste aanlyn