Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Carpe Diem

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 21 April 2017 Aantal woorde: 82 100 Kere gelees 2

ek hoor die stilte tussen nag en dag breek
rol die oggendstond soetheid rond in my mond.
proe die nuwe dag op my tong.
as ek snoesig tussen wakker en slaap huiwer
asem ek die oggend in.
‘n nuwe nuut begin
vou oop in my.
ek dank my Skepper dat ek leef
voluit kan lewe
die dag kan gryp en myne maak!
‘n nuwe dag vou oop in my
met die wonderlike wete
carpe diem
dié dag is myne
vir ‘n rede!




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Amanda

      Amanda

      April 23, 2017

      Elroux, ek mag dalk u grootste aanhanger wees! Sjoe, hierdie gedig laat iemand soos ek wat – oggend na oggend – die lewe verwens as gevolg van die swaar opstaan, skoon lus voel om in die oggend die dag te gryp! ‘n Inspirasie! Lees so gemaklik en vloeiend.

    2. profiel foto van Elroux

      Elroux

      Mei 5, 2017

      Baie dankie vir jou stilstaan by my skryfsels Amanda ek waardeer jou woorde opreg en jy kan maar vir my tannie se

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 108 gaste aanlyn