Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: By die agterdeur

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 11 Junie 2017 Aantal woorde: 96 52 Kere gelees 1

By die agterdeur

Neergeboë
hier by die agterdeur
van ‘n blyplek vol lewe
vra ek …
nee smeek ek
vir genade
om gereken te word as mens
onkeerbaar gebreek
onherstelbaar gebroke
maar steeds ‘n mens

die sonde
is nie om gebreek te wees nie
of om breekbaar te wees nie
maar om sonder gewete
met die wete
dis vir genot of geld
te soek wat breekbaar is

en ek smeek jou nou
gee volume aan my stem
tot dit rou weergalm in elke oor
want ek wil dit uitskreeee
DIE
SONDE
IS
OM
TE
BREEEEEEEKKKK!!!!!!

© Barbara Smit – 11/6/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 11, 2017

      Goed geskryf

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 72 gaste aanlyn