Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Branderplankryer

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 9 April 2017 Aantal woorde: 72 85 Kere gelees 1

op die kruin van ‘n golf
deel van ‘n groot geheel
vra nie waar die brander gaan
gee oor aan ‘n groter mag
word so volkome vry
om saam met die brander te ry

Here, ek wil ook so vry wees
my aan U oorgee
dans op die deinings van die see
maar telkens neem ek mag in eie hand
tuimel van die kruin van die golf
word verfrommel in die sand




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 80 gaste aanlyn