Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Boomgom

Deur Poetrydancer
Datum gepubliseer: 19 Julie 2017 Aantal woorde: 70 21 Kere gelees 2

boomgom

wanneer hartverskeur
trane kristaliseer
verskyn daar ‘n glinstering
‘n wolkekring

met sout in die wond
word dit tog gesond
wyl tyd vervreem
so het ek verneem

eendag dalk ‘n reëndag
miskien ‘n wolkbreuk
met ‘n donderslag
wat het jy vermag

deur jou kasteel
in die lug te bou
waar drome
plafonpanele bots

staccatto allegro
wat maak dit saak
ons dans op die maat
van begeer se hoogverraad

©Poetrydancer 19/06/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Julie 20, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Poetrydancer

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 9
    Kommentaar telling: 4

    WoordeSketseEmosieDie SielDie SoekeDie ontasbareInk op papierGevlekGepenGeleefBeleef

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 49 gaste aanlyn