Jongste aktiwiteit:

Boom van my droom

Ek ‘n oumens wat soek
na ‘n holte vir my voet.
Nie weet waarheen om te gaan,
Sien in my droom ‘n boom
vol lewe langs ‘n pad staan.
Kry die seker wete in my bang gemoed,
as die mossies skuiling kan vind
hoeveel te meer
sorg ‘n Vader vir Sy kind.
Maar God se genade is nog groter
as wat ons kan verstaan.
Die wonder was droomboom,
jy het regtig bestaan.
Jy verskyn nie net in ‘n droom
as skuiling teen oudword se snerpende wind,
deur die raaisel in die spieël
het iemand jou werklik geplant
kon ek moeë reisiger huistoe kom
waar ek rus en vrede kan vind.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed