Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Boom van my droom

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 24 April 2017 Aantal woorde: 111 74 Kere gelees 4

Ek ‘n oumens wat soek
na ‘n holte vir my voet.
Nie weet waarheen om te gaan,
Sien in my droom ‘n boom
vol lewe langs ‘n pad staan.
Kry die seker wete in my bang gemoed,
as die mossies skuiling kan vind
hoeveel te meer
sorg ‘n Vader vir Sy kind.
Maar God se genade is nog groter
as wat ons kan verstaan.
Die wonder was droomboom,
jy het regtig bestaan.
Jy verskyn nie net in ‘n droom
as skuiling teen oudword se snerpende wind,
deur die raaisel in die spieël
het iemand jou werklik geplant
kon ek moeë reisiger huistoe kom
waar ek rus en vrede kan vind.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van HelenaMellet

      HelenaMellet

      April 25, 2017

      Mooi gepen Elroux.

    2. profiel foto van Elroux

      Elroux

      Mei 5, 2017

      So baie dankie vir jou stilstaan Helena.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 131
    Kommentaar telling: 68

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 16 gaste aanlyn