Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Bon Esperanza

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 14 Maart 2017 Aantal woorde: 112 180 Kere gelees 2

Bon Esperanza

Daar’s ‘n plek wat ek vir jou wil wys
net oor die randjie agter die huis
verby die driedorings wat spierwit bloei
onder die Witgat waar die blouvalk broei

soggens nog voor die son sy oë uitvee
en voor die raasgat korhane skree
met gekneusde karoobos reuk om my
daar het ek ‘n knielplek voor God gekry

ek sprei my siel oor die leegtes uit
en skryf met trane oor klip en kluit
skilder jou sagte hart vir ons Heer
vra dat Hy ons kinders reg sal leer

en as die son se warm my huis toe vat
dan weet ek Hy stap saam met ons die pad.

© Barbara Smit – 8/3/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Elroux

      Elroux

      Maart 18, 2017

      Pragtige gedig waar jy die natuur gebruik om die Here se nabyheid te beskryf Barbara

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 60 gaste aanlyn