Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Blou hortjie seehuis

Deur Blommie
Datum gepubliseer: 28 Februarie 2017 Aantal woorde: 144 474 Kere gelees 9

Lê jou lyf
langs my neer
Fluister vir my
wat jou hart begeer

By ons blou hortjie seehuis

Wil jou hart toedraai
in ‘n Bergtee-bossie serp
My vingers
sag streel oor jou nek

Arbei druppels
op jou lyf
Smeer oor my lippe
terwyl ek in jou oë wegdryf

By ons blou hortjie seehuis

Die wind streel sag
deur jou hare
Stryk my hartsnare
Met jou liefdes melodie van
laventel en roosblare

Bubblegum pienk

By ons blou hortjie seehuis

Wil die skadus
uit my verlede vastrap
Met stofspore vas
teen ‘n grondpad

Jou glimlag spoel
‘n nuwe gevoel
‘n Vars begin
‘n nuwe seisoen

By ons blou hortjie seehuis

Jy maak my stad
platteland

My lawaai stil
donker verdwyn in die vêrte
Jy gee my drome vlerke

Vier seisoene
kleure smeer
Verf spatsels
‘n nuwe begin
se kleur

Groen, blou
My horison met jou




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Vonnie

      Vonnie

      Oktober 5, 2016

      Ai Blommie! (glimlag) dankie vir jou Oktobermaand inskrywing hoor.

    2. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Oktober 17, 2016

      Blommie, is ‘n liefdesvers waarin jy besonderse beelde gebruik. Ek sou voorstel jy maak nie gebruik van hoofletters in nuwe sinne as die voorafgaande nie met een of ander leesteken eindig nie, ‘n Paar ekstra lidwoorde op die regte plekke sou kon bydrae tot die ritme in jou vers, Dit lees effe kripties op sekere plekke sonder die hulp daarvan. Jy kn gerus hieraan skaaf en vir my ‘n inboks stuur vir verdere leiding as jy so wou.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Blommie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 8
    Kommentaar telling: 3

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 51 gaste aanlyn

    Bydrae Totale