Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Bitter beker

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 10 April 2017 Aantal woorde: 88 102 Kere gelees 1

Here my Here ek geknakte riet
het al my kosbare skat
aan die barre grond verpand
die swart note gespeel
ek het die woestyn se dros voel brand
my dag was nag
ek is uitgegiet op droë sand
geknak
geslyp
verskeur
beproef
deur vuur verteer
ek het mos al hier gestaan
in die dal van doodskaduwee
daarom pleit ek Heer
laat hierdie bitter beker verbygaan
Nogtans Heer
U wil geskied
ek gee oor en weet
uit wanhoop spruit hoop voort
my kind sal lewe
al is hy dood




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      April 10, 2017

      Dis baie ‘n baie seer gedig, Elroux. Baie goed verwoord. Welgedaan 🙂

    2. profiel foto van Elroux

      Elroux

      April 10, 2017

      Baie dankie vir jou besondere stilstaan

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 61 gaste aanlyn