Jongste aktiwiteit:

Japie Greyling
vir

Japie Greyling

Jacobus Johannes Cornelis (Japie) Greyling, is gebore in 1890 op die plaas Smaldeel
in die distrik Hoopstad, Oranje Vrystaat.

Gedurende die Anglo-Boereoorlog was Japie se vader en 2 ouer broers op kommando
om teen die Engelse te veg.

Een aande gedurende die oorlog, het sy vader se kommando op die plaas oornag. Die
Engelse was kort op hulle hakke, en agter hulle bloed aan. Die oggend nadat die
kommando vertrek het, daag die Engelse dan ook daar op.

Die offisier in bevel, ‘n sekere kaptein JEB Sealy, kry dan ook bewyse op die plaas
dat die kommando daar oornag het. Nadat Sealy bietjie rondgekyk het, sien hy vir
Japie daar naby staan en besluit om hom te ondervra.

Hoeveel van hulle was daar? Wie was almal daar? Waarheen is hulle op pad? Japie
het egter geweier om sy vader se kommando te verraai. Sealy was vasbeslote om
die inligting te bekom, en beveel sy soldate om Japie teen die huis se muur te laat
staan voor ‘n vuurpeleton.

Hy het Japie ‘n laaste maal vir die inligting gevra, en beloof om hom te bevry indien hy
die inligting sou verstrek. Japie het egter nog steeds geweier.

Sealy het sy soldate beveel om aan te korrel te neem. “Gereed!” . . . Stilweg beveel hy
sy manne toe om te stop. Hy het na Japie gegaan, sy hand geskud en weer met sy
soldate vertrek.

Baie jare nadat die oorlog reeds lankal verby en byna vergete was, het die Engelse
offisier steeds vertel van die dapper klein Boertjie wat hy in Suid-Afrika ontmoet het.

Bron: http://kvbnuusblad.blogspot.co.za/2012/02/ons-kinderhelde-word-soms-vergeet.html

 

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Elize Kruger het ‘n nuwe publikasie gemaak