Jongste aktiwiteit:

Cornelis Broeksma
vir

Cornelis Broeksma

Nog ‘n onbekende held uit ons verlede is Cornelis Boekstra. Gebore op 13 Augustus
1863 in Assen, Nederland. Hy gaan skool in Holland en immigreer na Suid-Afrika
gedurende 1882 toe 19 jaar oud. In die Oranje Vrystaat werk hy as ‘n klerk in die
Bloemfonteinse kantoor van die staats prokureur. Hy leer regte en kwalifiseer in 1886.
Hy verhuis na Dewetsdorp en begin sy eie prakryk. In 1891 trou hy met die sewentien
jarige Francina Vionel. Hul eerste kind word in 1892 gebore.

In 1895 na die geboorte van hul tweede kond woon hulle in Pretoria, daarna verhuis
hulle na Johannesburg. Teen hierdie tyd was hy Staats aanklaer. Broeksma was ‘n
Republikein en ‘n groot Ghristen wat homself teen die gebruik van drank uitgespreek het.
Gedurende die Anglo Boere Oorlog hoor hy van die konsentrasie kampe en gaan
besoek die kampe in en om Johannesburg. Hy maak notas van die sterfte syfers
en stuur dit in kode vorm na koeranta in Londen via Amsterdam, maar dit beland
in die hande van die Engelse.

Hy word gearresteer en van hoogverraaad aangekla. Kitchener het aangedring dat
hy in die publiek terreggestel word en Broekstra sterf voor ‘n vuurpelleton by die
Fort in Johannesburg op 30 September 1901. Hy word daar begrawe maar sy graf
is op Nederlandse versoek opgegrou en hy is in die Braamfonteinse grafplaas begrawe.

Bron: http://kvbnuusblad.blogspot.co.za/2012/02/ons-kinderhelde-word-soms-vergeet.html

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed