Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: BESNYDENIS VAN DIE HART

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 12 Augustus 2017 Aantal woorde: 101 39 Kere gelees 2

BESNYDENIS VAN DIE HART

hy vra omgang met kettings geboei
hy’t my bedrieg, verloon, verstoot
‘n skerp klip het die bloed laat vloei
smyt my erotiese eks weg in ‘n sloot

alle lelle skoon en oop gesnoei
alle bedekkings afgestroop
met nêrens waar daar drek kan broei
‘n vrugbare aarde lê oop en bloot

waar saad en drome geil kan groei
my hart so wit soos wol geloog
liefkosings so passievol oor my vloei
gemeenskap met U my siel verhoog

ek lig my kelk, vang en drink die hemelwater
in die omhelsing prewel ek eufories, dankie Vader

© Barbara Smit – 11/08/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 72 gaste aanlyn