Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Bang bang

Deur Palet
Datum gepubliseer: 27 Februarie 2017 Aantal woorde: 169 99 Kere gelees 4

Jy is my hart se klop
want ek is mal oor jou
Bang-bang
dis net jy….net jy

Jy is ‘n engel
in my hart se hemel
jy is die geluk wat
in my wemel

Jy is die wind en storm
wat deur vloei
voel hoe klop dit
klop net vir jou

Koor:

Jy is my hart se klop
die engel in die hemel
wat my wens bepaal
Bang-bang
voel hoe klop my hart net vir jou
ja net vir jou

Dis die kleure van jou siel
dis die warmte in jou
wat die trane van gister
ja die trane van gister
weer heel

Nee dis nie net van buite
dis van binne
ja dis van binne
waar jy vir altyd
deur my are woel

Koor:

Ja jy is my hart se klop
die engel in die hemel
wat my wens bepaal
Bang-bang
voel hoe klop my hart vir jou
ja net vir jou

Jy is my engel
jy is my hemel
jy is my hart se klop
Bang-bang




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 207
    Kommentaar telling: 294

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 17 gaste aanlyn

    Bydrae Totale