BABELAS
Babelas
En hier sit ons nou
drie spiertiere
pateties langsmekaar
en sluk-sluk
gisteraand se vreugde terug
en hik-hik
na net ‘n bietjie vars lug
totaal verniel
en uitmekaar gefoeter
sy was so mooi
haar oë vol blink geheime
soos sy deur
haar blonde sluier vir my loer
of was dit nou vir jou,
of vir daai ander bleskop ou
oor die dansbaan
haar kort rokkie gewaai
en kort voor lank
het daar links en regs
net appels geswaai.
© Barbara Smit – 10/6/2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek