Jongste aktiwiteit:

As ek moes kies

twee prag meisiekinders
is aan my hart gekoppel
in die jare van die tagtigs
aan hulle het ek my gewei
elke dag van ons bestaan

deur dik en dun my hartewens
gevul met die grootste liefde
van kinderlaggie ondeund
en tienerjare “lady like”
“name brand”was hul “getag”

met groepsdruk aan die orde
voet by stuk het ons gehou
met die Woord gedenk
bly hul aan versigting se kant
elke tree en pad is getoets

dankbaar kyk ons terug
die ergste gebeure aan toetse
behou hul tog ons grootmaak
nooit was dit verniet
sien jy jouself tog raak in hul

as ek moes kies, sal dit wees
my twee meisiekinders weer
want die beste het ons Skepper
voorsien in hul dertiger jare
gewy aan hul wederhelftes

twee seuns het ons bygekry
‘n ma se hart wat saggies
neurie elke dag aan dankbaarheid
God so in beheer met die hartstog
van liefde toegevou in God se plan

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed