Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: As ek kon…

Deur Bianca van Niekerk
Datum gepubliseer: 4 Oktober 2017 Aantal woorde: 325 11 Kere gelees 1

As ek kon sou ek vir jou ‘n reenboog vang
Die maan gaan steel en dit in ons kamer hang
Ek sou vir jou die Eiffel Tower gaan leen
Net om tot heel bo te klim en te soen in die reen

Ek sou vir jou ‘n leeu mak maak
Net om vir jou te wys hoe baie maak jy saak
Ek sou die sterre een-een uit die hemel pluk
En uit dit uit verf ons ‘n meesterstuk

Ek sou die voeltjies leer om jou gunsteling liedjie te sing
Net om te kyk hoe dit ‘n glinster in jou oë sal bring
Ek sou al die woorde boeke se letters steel
Net om ‘n stukkie van my gevoel met jou te deel

Ek sou vir Drew Barrymore oor die oseaan laat vlieg
Sodat jy jou secret crush voor haar kan bieg
Ek sou al die wolke saam wou pers
Sodat ons kon lê en droom onder ‘n wolk-kombers

Ek sou al die skoenlappers se kleure van hul vlerke af haal
En die kleurvolste reendruppels op jou neer laat daal
Ek sou die water uit al die damme uit vat
Net sodat ons dit laggend oor die wêreld kan spat

Ek sou die vlamme van die son vir ‘n oomblik wou hê
Net om te wys hoe diep my liefde vir jou lê
Ek sou die stemme van al die engele wou huur
Om vir ons te sing terwyl ons dans op China se muur

Ek sou vir Beauty and the Beast se sprokie gaan lag
Net om vir jou te wys ons liefde het net soveel krag
Ek sou vir jou Cadbury se fabriek laat smelt
En ons tydjie in die chocolate rivier laat geld…

Sien my lief ek sou alles vir jou wou doen
Maar al wat ek het, is ‘n drukkie en ‘n soen
Ek hoop waarlik dit is genoeg vir nou
Om vir jou te bewys ek is lief vir jou




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Bianca van Niekerk

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 6
    Kommentaar telling: 1

    Ek is gebore met 'n liefde vir gedigte. Ek het 'n passie vir geskrewe woord in enige taal en ek hou veral van vrye vers en omarmde rym gedigte. Wanneer ek skryf, maak ek gebruik van my eie emosies en ondervindinge.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 43 gaste aanlyn