Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 8

Deur neels
Datum gepubliseer: 5 Augustus 2017 Aantal woorde: 1961 42 Kere gelees 1

HOOFSTUK 8

Vir twee maande gaan die lewe maar sy gewone gang. Bedags op kantoor en naweke kuier ek, ma Aletta, en Cindy maar so oor en weer by mekaar. In hierdie twee maande groei die band tussen ek en Cindy al stewiger maar van n vryery is daar geen sprake nie, dit bly maar by soms handjies hou en soengroet wanneer ons hallo en bye sê, natuurlik nie op kantoor nie want ek glo mos nie in kantoor romanses nie.

Toe slaan die noodlot toe toe Cindy my kantoor die Vrydag middag instorm: “Melt, Gert het n ernstige hartaanval gehad en is hier in die waaksaamheids eenheid in die hospitaal. Colleen was nou net hier om my te kom vertel nadat sy hom hospitaal toe geneem het”.

Ek kan sien sy is skoon deurmekaar en op my vraag waar Collen is antwoord sy: “Sy sit hier in my kantoor”.

Ek staan dadelik op en stoot Cindy voor my uit kantoor toe. Dit is n verdwaasde en verwese Colleen wat daar sit, handwringend en oë vol trane. Voor haar staan n glas water, seker wat Cindy vir haar gegee het.

“Het julle al vir Aletta hiervan vertel”, vra ek.

Cindy skud haar kop en ek neem die telefoon op en skakel vir Aletta in haar kantoor: “Ma Aletta kom asseblief hier na Cindy se kantoor toe. Colleen is hier en Gert is in die hospitaal na n hartaanval”

Aletta storm die kantoor binne n paar oomblikke in en sy is dadelik die ouer vrou wat beter weet hoe om die situasie te hanteer. Sy gaan sit langs Colleen en neem haar hande in hare: “Wat het gebeur Colleen”.

Colleen vee n traan af en vertel ons: “Ek was in die kombuis besig toe een van die werkers my kom roep het en my gesê het ek moet dadelik stoor toe kom, die baas het in mekaar gesak en kreun van die pyn”.

Toe ek in die stoor kom het ek hom krullend van die pyn op die grond aangetref. Ek het hom dadelik in die bakkie gelaai en Jansenville toe met hom gejaag. Gelukkig was die dokter al daar en het hom n inspuiting gegee en toe n ambulans laat kom”.

Colleen gaan aan die huil en Aletta druk haar styf teen haar vas. Colleen vertel snikkend verder: “Ek het die bakkie met die drywer, wat saam met my gekom het, terug plaas toe gestuur en het saam met die ambulans ingekom. Nadat hulle Gert gestabiliseer het het het ek met n huurmotor hiernatoe gekom”.

“Ek dink julle moet saam met Colleen hospitaal toe gaan. Sy het julle nou nodig. Ek sal die baas bel en hom vertel wat gebeur het en ek sal self netnou kom kyk hoe dit gaan”.

Dankbaar verlaat hulle die kantoor en ek bel die baas om hom mee te deel wat gebeur het en dat die meisies hospitaal toe is.

Ek loop ook bietjie vroeër en besluit om eers n draai by die hospitaal te gaan maak voordat ek huis toe gaan. Ek kry die waaksaamheids eenheid maklik en daar kry ek hulle sittend om Gert se bed. Die man is vol pype en masjiene maar hy slaap, nie bewus van die vrouens wat om hom sit nie. Sy twee seuns, wat hulle seker gaan haal het, sit verdwaas en verwese in die wag area.

Op my vraag aan die suster, sy wil my nie toelaat om ook by hulle te gaan sit nie, antwoord sy: “Hy is onder swaar verdowing maar sy toestand is nou stabiel. Dit was amper of hy het dit nie gemaak nie meneer”.

Ek wys vir Cindy sy moet saam met my uitstap en buite vra ek haar: “Cindy hier is nie veel wat julle kan doen nie. Ek dink jy moet die seuns huis toe vat want ek en jy is eintlik nou twee buitestaanders hier. Ek dink ma Aletta moet ook huis toe gaan want as die man dalk hier bykom en haar sien kan hy dalk in n woedebui verval en dan is dit verby met hom as hy weer n aanval kry.”

Cindy knik haar kop en verdwyn weer in die kamer waarin Gert lê. Na n paar minute kom sy saam met ma Aletta uit en Cindy is die een wat sê; “Ek gaan saam met Aletta ry en my kar hier los vir Colleen. Sy sal seker ook wil huis toe kom want sy kan ook maar niks verder hier doen nie”.

Ek stem saam en gaan ons groepie so uitmekaar.

Dit is maar n deurmekaar naweek en gaan speel ek Saterdag seker die vrotste golf wat ek nog ooit in my lewe gespeel het. Saterdagaand mis ek vir Cindy en bel ek haar maar later om te hoor hoe dit met Gert gaan. Sy vertel my dat dit beter gaan en dat hy seker Sondag uit die waaksaamheids eenheid sal ontslaan word en dan na n saal sal verskuif word. Op my vraag of hy al bygekom het antwoord sy bevestigend: “Hy het bygekom Melt maar hy is baie swak”.

Net voor ek groet glip dit uit: “Ek mis jou verkriklik vanaand Cindy”.

Paar oomblikke se swaar stilte: “Ek mis jou ook maar Melt. Ons is al so gewoond naweke saam. Wens ek was nou daar by jou”, en met die druk sy dood.

Sondagmiddag vroeg lui my foon. Dit is Cindy en vir n oomblik vrees ek vir die ergste. Toe ek antwoord klink sy egter heel vrolik: “Melt kan jy besoektyd hospitaal toe kom. Gert is by, baie swak maar hy wil jou sien”.

Vir n paar oomblikke word ek koud, dit kan nie goeie werk afgee nie maar Cindy kom seker agter dat ek nou bedenkinge het en stel my gerus: “Melt die man wil vrede maak, jy het niks om voor bang te wees nie”.

Dit is of jy n beker koue water oor my om keer maar al wat ek kan doen is antwoord: “Ek sal kom”.

Toe ek die telefoon dooddruk is die eerste gedagte wat by my opkom: “Hoekom ek? Hoekom met my vrede maak, wat van ma Aletta, hulle is immers broer en suster. Ek sal baie graag eerder wil sien dat hy met haar vrede maak as met my, ek is tog n buitestaander”.

Ek is so bietjie voor drie by die hospitaal. Cindy en Colleen wag vir my by ontvangs: “Ek het maar hier vir jou kom wag want Gert is nou in n privaat kamer. Melt ek het jou net kom voorberei, Aletta is by hom”, en met die mededeling soengroet Cindy my”.

Ek kan my ore nie glo nie en saam stap ons na Gert se kamer toe. Die prentjie wat ek aantref verbyster my. Hy het nog masjiene aan hom gekoppel en ma Aletta sit langs hom met Gert se hand styf in hare. n Sagte glimlag is om ma Aletta se mond en haar gelaat straal van geluk. Ek tree sag terug want ek wil nie hierdie oomblik tussen hulle versteur nie, dit is hulle oomblik na al die jare en hulle het baie om op te maak.

Ons gaan sit buite en wag en na so vyf minute kom ma Aletta uit. Sy soengroet my en stuur my in: “Hy wag vir jou Melt”.

Nie seker wat om te verwag nie stap ek tot by die bed. Gert gryp my hand en dan praat hy: “Melt ek is jammer ek het jou so swak behandel en ek is jammer oor die geveg wat ons in beland het. Vergewe my asseblief en ek wil vrede tussen ons hê”.

Die man kyk my met pleitende oë aan en dan druk ek sy hand: “Dit is alles reg Gert. Geen kwade gevoelens nie. Ek is net baie bly dat jy en Aletta vrede gemaak het:”.

Hy wys vir my om te sit en dan vertel Gert my: “Melt ek moes eintlik dood gewees het maar jy sal my nie glo nie, ek is terug gestuur om te kom reg maak wat ek verbrou het, glo ek”.

Gert bly n paar oomblikke stil voor hy verder vertel, met n swak stem: “My gees het al my liggaam verlaat toe ek n stem hoor: “Gert jy word terug gestuur om te gaan regmaak met die wat jy in vyandskap mee lewe. Jy kan nooit die ewige lewe be erwe met mense in jou lewe wat jy nie vrede mee gemaak het nie. Jy wil die ewigheid be erwe maar jy wil ander nie vergewe nie. Jy kry n tweede kans, gaan terug en benut dit, maak vrede met die mense in jou lewe en herstel die onreg wat jy hulle aangedoen het”.

Ek word yskoud en rillings trek deur my. Ek sien Gert sluit sy oë, hierdie vertelling het hom baie uitgeput. Ek staan op en druk sy hand. Gert kyk n paar oomblikke vir my en dan sluit hy weer sy oë terwyl ek uitstap.

Ons is almal baie aangedaan toe ons die hospitaal verlaat.
Colleen bly ager met die twee seuns en nooi ek vir Cindy en ma Aletta na my plek toe, die eerste keer wat hulle daar gaan kom.

Dat hulle baie be indruk is met my plekkie kan ek aflei van al die oees en aas en Cindy is die een wat skertsend opmerk: “Nou weet ons ook waar is die wolf se lêplek. Wonder hoeveel slagoffers is al na hierdie geheime nessie toe genooi wat ons darem ook vandag die voorreg het om te sien mmmm”.

Swyg is altyd n goeie anwoord en ek swyg, al is daar nie sprake van so iets nie. Sy kan maar skimp, sy het mos in elk geval niks oor my te sê nie, sy is mos nie my meisie nie en sal dit nooit wees nie want ek glo mos nie in kantoor romanses nie.

“Ja du Preez, jy probeer maar hard om jouself te bluf. Jy is so verlief dat dit by jou ore uitloop”, baklei ek met myself terwyl ek vir ons koffie maak.

Toe ek klaar vir ons koffie gemaak het gaan sit ons op die stoepie en staar ons almal ver oor die see uit. Ma Aletta is die een wat die stilte verbreek: “Vandag is n groot dag in my lewe. Uiteindelik is ek en my broer versoen”, en toe kan ma Aletta die trane nie meer inhou nie. Met n troostende Cindy gaan sy aan die huil maar ruk haarself gou reg, veral toe ek opmerk: “Nou moet ons net vir ma n vriend kry”.

Ma Aletta pomp my vinnig in die sy: “Stop jou lawwigheid Melt, ek is te oud daarvoor. Pleks jy jou nonsens los en ernstig raak met Cindy. Julle twee is so verlief op mekaar dit loop by julle ore uit maar julle is altwee te hardgebak om dit te erken. Hierdie ding van jou van geen kantoor romanse nie van jou Melt is sommer nonsense. As twee mense lief is vir mekaar dan is hulle lief vir mekaar. Julle gaan mekaar verloor met julle twee se hardekwasgeid”.

Bingo, en ma Aletta se opmerking is n raak slaan een wat my en Cindy albei bloedrooi laat van skaamte maar ek glo ons ook vele stof tot nadenke gee.

Ek staan op en trek Cindy ook op: “Cindy ma Aletta sien nou dinge wat nie so is nie of hoe”, vra ek.

Cindy bly my n antwoord skuldig maar ek kry n kyk wat boekdele spreek van haar af.

Daardie kyk spreek meer as woorde en toe weet ek, my uur het geslaan. Ek kan maar solank begin afskeid neem van my alleen lewe. Hierdie meisiekind gaan wen en ek is net te hardekwas om dit teenoor myself te erken.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 155
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 54 gaste aanlyn