Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 6

Deur neels
Datum gepubliseer: 30 Julie 2017 Aantal woorde: 2187 37 Kere gelees 1

HOOFSTUK 6

Ek is vieruur op en nadat ek gestort en aangetrek het is ek vyfuur reg om te ry. Ek gooi sommer op die pad die Land-Rover vol en met die son wat die oosterkim rooi teen die wolke kleur stop ek sesuur voor Cindy se huis.

Sy is gereed en toe ek stop kom sy by die voordeur uit. In n vrolike geblomde ligblou rompie, met alle kleure blomme daarop, en met n ewe vrolike bloesie van dieselfde kleur en blomme is sy n prentjie wat my asem wegslaan terwyl ek uitklim om die Land-Rover se deur vir haar oop te maak.

“More Melt, lekker geslaap’, vra sy.

“Heerlik dankie”, antwoord ek terwyl sy inklim en die rompie so bietjie been wys, net genoeg om met my bloeddruk te peuter. Ons praat nie baie toe ons deur die strate beweeg nie want die verkeer begin woelig raak maar uiteindelik is ons op die pad Jansenville toe.

Ek kan nie anders as om te vra of haar ouers weet wat die doel van hierdie kuier is.

“Hulle weet Melt. My pa het net gesê dat hier vandag n bom gaan bars wat Jakkalsfontein gaan skud”.

Wat vir my baie opmerklik is is hoe die landskap geleidelik verander soos ons weg beweeg van die kus af. Dit is digbeboste wêreld en so hier en daar sit n apie op n telefoonpaal of hardloop met die telefoondraad langs. Dit laat Cathy natuurlik kraai van plesier en sit sy kort kort haar hand op my knieg met n “Oe Melt is hulle nie te oulik nie” en my later ook vrypostig laat raak en ek my hand soms ook op haar knieg sit.

Intussen bars die groot gesels los. Ons vertel mekaar van ons skooljare en ons lewens sover. Ons kom gou agter dat ons dieselfde belangstellings het en glo dit as jy wil, sy ook lief is vir visvang.ek dink dadelik dat ek haar beslis moet uitnooi om eendag saam met my te gaan vis vang, dan kan ek haar nog beter leer ken want die meisie maak nou baie romantiese gedagtes in my los. Ek ry ook op my tyd want ek is nie haastig nie.

Dat Cathy n geselsmens is en n groot kontakmens, net soos ek, kom ek gou agter en moet ek myself kort kort maan: “Moet nou nie gedagtes begin kry as sy so baie aan jou raak nie. Dit is maar net soos sy is en sy bedoel niks daarby nie”.

Soos ons weg beweeg van die kus af word die bosse al yler om om te sit in tipiese Karoo landskap. Langs die pad is die plaashuise ook maar ver van mekaar af en oral is daar windpompe met wiele wat liggies in die wind draai. Dit laat my opmerk: “Darem n pragtige wêreld hierdie van ons”.

“Dit is Melt maar ek is lief vir die see. Ek kan ure lans die see sit en kyk vir die branders en die see voëls. Wens soms ons het teen die see gebly”, merk sy op en handjie weer op my knieg.

“Ek bly langs die see, Blue Water Bay. Ek gaan sit ook baie keer soms so langs die see en drome droom”, merk ek op en dit is my beurt vir n hand op die knieg.

“Mmmmm, wonder wanneer Melt my gaan uitnooi om bietjie by hom te kom kuier om saam met hom die see te gaan sit en bewonder”, vra sy met n warm glimlag en hand op die knieg.

“Jy moet net vra, enige tyd, “merk ek op.

Te gou kom ons oor die bult en lê Jansenville voor ons. Klein dorpie met n winkel of twee, die polisiestasie, drankwinkel, apteek, motorhawe alles in die hoofstraat met n paar huise in die systrate.

Dit neem ons drie minute om deur Jansenville te kom en dan is ons op die finale been van ons reis Jakkalsfontein toe en die geselskap droog bietjie op. Dit is of ons albei begin gespanne raak want ons weet nie mooi wat om op Jakkalsfontein te verwag nie.

Ek sien die naambord dadelik raak en draai in die grondpad af Jakkalsfontein toe. Die huis is nie ver van die pad af nie en gee duidelik die indruk dat dit n netjiese boer is hierdie. Entjie van die huis af staan n netjiese stoor met ewe netjiese krale langsaan. Voor die huis is n netjiese blomtuin en my oog vang die sementdam langs die huis met n windpomp, waarvan die wiel rustig in die ligte briesie draai, langsaan. Langs die huis staan ook n watertenk op n stellasie en toe ek voor die huis stilhou en afsluit hoor ek n diesel enjin loop wat die tenk uit n ander boorgat volpomp. Ek het skaars afgesluit of drie mensvreters storm blaffend en knorrend om die hoek.

Cathy maan my: “moet nie uitklim nie Melt. Een van hulle sal nou uitkom en hierdie honde tot orde kom roep en ons innooi. Hulle is geleer om vremdelinge aan te val en nie eers ek sal n kans met hulle waag nie.”

Die voordeur gaan oop en n vrou, sekerlik Colleen kom staan op die stoep. Sy praat hard met die honde terwyl sy tot by die Land-Rover stap en hulle bedaar.

“Nou toe ou dit is n verassing. Wat waai julle hier uit op hierdie Saterdag more”, groet sy ons.

Ek en Cindy klim uit en die twee susters groet mekaar hartlik terwyl ek Colleen bekyk. Ek kan nou sien wat Cindy bedoel het, hierdie vrou is moeg. Sy is geklee in n lang vormlose rok met n oorjas. Haar gesig het duidelike spore van swaarkry maar mens kan sien dat sy n mooi vrou was toe sy jonnger was.

Cindy stel my voor: “Colleen dit is Melt du Preez, my nuwe baas. Hy wou vreeslik graag kom kyk wat gaan alles op n plaas aan en ek het hom kom wys”.

Colleen gee my n stewige handdruk: “Welkom by ons Melt. Julle is net betyds vir ontbyt, ek moet net bietjie bymaak. Gert sal seker nou enige tyd hier wees vir ontbyt. Die seun is nie hier nie, het in die hostel gebly die naweek vir n skolesport”.

Ons stap saam met haar die huis in en stap sommer deur kombuis toe waar sy besig is. Die heerlike reuk van gebakte vleis en eiers styg in die netjie kombuis in my neusgate op. Dit is n moderne kombuis met alles denkbaar daarin. Ek gaan sit maar by die kombuistafel die wêreld en beskou terwyl Colleen vir ons ook gereed maak. Ek sal in elk geval nie n woord inkry nie. Sy sit vinnig nog twee borde op die tafel en rooster nog n paar snye roosterbrood.

Sy is net klaar toe Gert Boonzaaier in die agterdeur verskyn. Groot man in khaki geklee met n groot hoed op die kop. Sy gesig toon duidelike tekens van verweer.

Cindy staan dadelik op en stap na hom toe om hom te groet. Sy soengroet hom en stel my voor: “Gert dit is my nuwe baas, Melt du Preez. Melt dit is my swaer Gert”.

Die man kyk my of ek iets is wat die honde aangesleep het en knik net sy kop terwyl hy sy hoed afhaal. Geen bladskud nie, niks. Hy gaan sit ook dadelik en ons begin weglê aan Colleen se heerlike ontbyt. Daar hang n stilte in die kombuis wat jy met n mes kan sny die hele ontbyt deur, duidelik is Gert nie lus vir gesels nie.

Klaar ge eet skuif hy die stoel terug en sit met die opstaanslag sy hoed op. hy stap weer by die agterdeur uit sonder om n woord te sê of om my saam te nooi.

“So ongeskikte buffel”, dink ek by myself, “As jy my nie saamnooi nie nooi ek myself saam”, en met die gedagte staan ek op en volg hom met n benoude Cindy wat my agterna kyk.

Toe ons in die stoor kom konfontreer ek hom: “Gert ek het jou niks aangedoen dat jy my so ongasvry behandel nie. Dit is mos nie soos gasvryheid lyk nie”.

Gert kyk my stip aan: “Luister meneer du Preez, ek het niks om vir jou te sê nie en vreemdelinge is nie welkom hier nie. As dit nie vir Cindy was nie het ek jou van my plaas afgesmyt”.

Dit is die oomblik wat ek besluit om die bul by die horings te pak: “Ek het n sakie wat ek met jou wil bespreek. Wanneer gaan jy vrede maak met jou suster Aletta wat al soveel jare ly as gevolg van jou onversetlike houding. Jy as leierouderling en voorsitter van die landbou unie is mos nie n voorbeeld vir ander mense met hierdie houding van jou nie Gert”.

Gert kyk my stip aan en vra dan: “Luister vriend, wat het dit met jou te doen. Ek het nie n suster nie en die naam Aletta Boonzaaier is taboe op hierdie plaas en jy moet my verskoon, ek het werk om te doen”.

“Dit het alles met my te doen Gert. Ek is haar seun”.

Dit is of jy n slang onder die man ingooi en hy word bleek: “Ek wou mos sê daar is iets bekends aan jou. So, jy is Aletta en Lukas du Toit se hoer kleintjie. Seker net so hoer soos jou ma wat nou hier wil kom inkruip. Wel ek het nuus vir jou, julle gaan dit nie regkry nie. Trap van my plaas af hoerkind en gaan sê vir jou hoerma dat sy, wat my aanbetref, nog steeds nie bestaan nie”.

Ek voel hoe die bloed in my are opstoot, niemand beledig my of ma Aletta so nie. Voor ek myself kon keer storm ek hom en vang hom met n vuishou op die kakebeen wat hom teen die Massey-Ferguson se groot agterwiel laat vas steier.
Hy skud sy kop verbaas en toe storm hy my. Sy eerste hou vang my op die oog en ek voel hoe ek steier maar dan is ek reg vir hom. Ek storm vorentoe en vang hom ook op die oog maar die hou wat ek vir sy kakebeen mik weer hy af. Dit los my egter oop en slaan hy my n hou op my kakebeen wat my laat bloed proe en laat inmekaar sak.

Hy is dadelik op my en die houe reën heen en weer in die stoeigeveg waarin ons beland.
“Ek hoor net n vrou gil: “Stop dit dadelik julle twee”.

Colleen en Cindy gryp vir Gert en trek hom van my af. Terwyl hy blasend vir my staan en kyk help Cathy my nou op, ek moet erken hierdie man het my nou seer gemaak en my hele gesig pyn.

Toe ek opkom sien ek dat hyself n bloeiende mond het en ek sy hele oog toegeslaan het. Terwyl hy sy kakebeen vryf jaag hy my weg: “Gee pad van my plaas af, nou dadelik jou hoerkind”.

Ek wil weer vorentoe storm maar Cindy keer my: “Kom Melt kom ons ry. Ek wil nie n oomblik langer hier bly nie”.

Voor ek omdraai om te loop merk ek darem met genoeg doening op dat sy gesig ook maar sleg lyk. My hele lyf pyn en ek moet op Cindy leun en aansukkel Land-Rover toe. Waar die mensvreters is weet ek nie en toe ons by die Land-Rover kom maak Cindy die linkerdeur oop vir my om in te klim.

“Klim in Melt ek sal bestuur”, sê sy terwyl sy my inhelp. Sy stap om regterkant toe en klim in. Handjie word uitgehou vir die sleutels wat ek dankbaar oorhandig. Toe ons wegtrek sien ek net dat Gert ook maar swaar op Colleen leun soos hulle aansukkel huis toe.

Op Jansenville stop Cindy voor die apteek: “Jy lyk maar sleg Melt en ek moet nou eers daardie wonde dokter. Jy kan nie so by die huis aankom nie buffel”.

Ek het te seer om teë te praat en laat haar maar begaan.
Na n paar minute is sy terug en begin my stukkende plekke skoonmaak. Dit brand vir n vale maar ek sê niks, ek geniet eerder haar heerlike aanrakings soos sy my oog en my stukkende mond dokter. Klaar daarmee beskou sy haar handewerk aandagtig en dan glimlag sy.

“Wel meneer jy gaan Maandag n pragtige blou oog hê om te verduidelik en n stukkende lip. Kan al hoor hoe giggel die meisies as hulle jou sien. Daardie een van in die deur vasgeloop gaan nie hier werk nie”.

Haar handewerk voltooi skakel sy die Land-Rover aan en begin die terugreis. Die hele pad sien ek daar huiwer n glimlag om haar lippe en kort kort loer sy vir my en dan kom dit: “Weet jy wat Melt aan die een kant is ek bly Gert het bietjie slae gekry, hy het ook n paar dinge om te verduidelik en die deur storie gaan ook nie vir hom werk nie glo ek. Ek kan al dink hoe moet hy more daardie blou oog aan die eerwaarde kerkraad verduidelik”.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 155
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 22 gaste aanlyn