Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 4

Deur neels
Datum gepubliseer: 19 Julie 2017 Aantal woorde: 2319 52 Kere gelees 1

HOOFSTUK 4

Toe ek voor my ouers huis stop is dit net voor agt uur. Die lug is helderskoon en die sterre blink om die volmaan wat al redelik hoog in die lug sit. Ek ruik die reuk van die seelug in my neusgate en hoor ek die branders in die verte dreun. Die koel seeluggie waai teen ons vas toe ek uitklim, omstap en die deur vir Aletta oopmaak.

Die stoeplig gaan dadelik aan en n oomblik later gaan die voordeur oop met my pa en my ma wat in die deur verskyn om ons te verwelkom.

My pa is maar n gewone man. Bietjie boepens en bles en my ma ook maar bietjie geset en n regte moederlike vrou.

Ek en Aletta stap tot voor hulle en en toe hulle haar sien kan ek dadelik sien dat hulle baie verbaas is en stel ek Aletta aan hulle voor nadat ek gegroet het: “Naand pa, naand ma. Ontmoet vir Aletta Boonzaaier”.

Dit is of hulle vries maar dan steek my pa sy hand uit: “Aangename kennis Aletta en welkom hier by ons”.

My ma vat ook haar hand en dan stap ons die huis in om in die sitkamer te gaan sit.

Ek val sommer dadelik weg: “Pa, ma, Aletta het my vandag vertel dat ek n aanneem kind is en dat sy my biologiese ma is. Ek wil weet of dit so is”.

Jy kan die stilte wat toesak behoorlik met n mes sny en dan breek my pa die stilte: “Melt dit is die waarheid. Nadat ek en jou ma besef het dat ons nooit kinders sal kan hê nie het ons besluit om n kind aan te neem en as ons eie groot te maak. Nadat ons goedgekeur is vir aanneming, wat terloops n lang en pynvolle proses was, is jy aan ons toegewys vir aanneming nog voor jou geboorte”.

Ek wil iets sê maar dan hou my ma haar hand op: “Melt net na jou geboorte het die welsyn ons gekontak en het ons jou by die hospitaal gaan haal. Ek wou graag die vrou wat aan jou die lewe geskenk het ontmoet maar ons is nie toegelaat nie. Ons moes ook n dokument onderteken dat ons nooit met jou biologiese ma sal probeer kontak maak nie en dat ons jou geboorte onder ons naam sal registreer. n Goedhartige suster het ons vertel dat jou biologiese ma se naam Aletta Boonzaaier is toe ek die hospital n dag of wat later gebel het om te hoor hoe dit met haar gaan”.

My pa is die een wat verder vertel: “Melt ons het jou as ons eie seun groot gemaak en omdat jy al is wat ons het het ons besluit om jou nooit te vertel dat jy n aangenome kind is nie. Dit was seker n fout van ons kant af en ek hoop jy sal ons met liefde vergewe”.

Ek voel die vertrek word te klein vir my en voor hulle my kon keer is ek by die voordeur uit en stap strand toe waar ek sommer plat op die sand gaan sit. Dit is of die brekende branders saam met die nag atmosfeer my rustiger maak en my gedagtes laat hardloop.

Ek is dus nie wie ek gedink het ek is nie, is die gedagte wat in my opkom. Waarom het my ouers nie vroeër vertel nie en hoe gaan ek die situasie hanteer bly dit in my kop maal, oor en oor.

My pa volg my n rukkie later en kom sit langs my. Hy is n man wat ek altyd as die laaste van die gentlemans beskou het, die rustigheid vanself. Nooit het ek hom kwaad gesien of n lelike word hoor sê nie maar as hy praat het jy geluister na wat hy sê.

“Melt daar by die huis sit twee vrouens wat jou terugkeer angstig afwag. Hoe jy hierdie situasie gaan hanteer kan hulle maak of breek. Ek gee nie om vir myself nie maar hulle is belangrik”.

“Ek weet self nie wat om te doen nie pa”’ is my eerlike antwoord aan hom.

“Melt my raad aan jou is aanvaar hulle albei. Druk hulle teen jou hart vas, daar is plek vir altwee in jou lewe. Maak hulle gelukkig en jy sal sien hoeveel geluk pluk jy daaruit. Moet nie een van hulle verstoot nie”.

Wyse woorde van my pa af en ek staan op saam met hom: “Kom pa, kom ons gaan huis toe. Pa is heeltemal reg en ek gaan hulle nou teen my vasdruk”.

By die huis gekom kan ek die afwagting in albei se oë lees. Woordeloos maak ek my arms oop en druk hulle altwee teen my vas.

Altwee bars in trane uit en dan weet ek wat is die band wat my en Aletta Boonzaaier nog altyd onwetend gebind het. Dit is die band van n moeder en haar kind wat ek nou eers ontdek het.

“Ek is vanaand n bevoorregte man, ek het twee wonderlike moeders”, stel ek hulle gerus.

Ma Annetjie gaan maak koffie en oor die koffie word dit n laat aand kuier waarin ek ontdek deur hoeveel hartseer Aletta alreeds is.

Sy vertel ons dat sy nie eers deur haar broer toegelaat is om haar ouers se begrafnisse op die familieplaas by te woon nie. Sy vertel ons ook dat haar broer niks van versoening met haar wil weet nie en dat sy ook nie eers op sy troue toegelaat is nie. Ek dink dat dit is waar die eerste saadjie in my geplant is dat ek n bietjie met hierdie hardekwas broer van haar gaan gesels. Ek moet net besluit wanneer en hoe ek hom gaan benader.

Ons ry seker so elf uur die aand se kant na n hartlike afskeid en vat ons die pad terug Despatch toe. Dit is of hierdie alleen saam wees nou vir ons albei n nuwe betekenis het en is woorde nie nodig nie Toe begin die rekenaar in my kop werk want iets maak nie vir my sin nie en ek wil dit nou uitpluis.

Aletta kom seker agter dat iets my pla en toe ons by Humewood strand verbygaan vra sy: “Wat pla Melt”
Ek moet haar nou vra en dan vra ek “Ma Aletta, jou broer Gert is twee jaar ouer as jy. Ek aanvaar dus dat sy vrou, Colleen seker so min of meer dieselfde ouderdom is. Dan is daar n hele vyf en twintig jaar ouderdoms verskil tussen Colleen en Cindy wat nie vir my sin maak nie of hoe nou”.

Dit is die eerste keer wat ek haar aanspreek as ma Aletta en toe ek vir haar onder die verbyflitsende straatligte kyk kry ek n warm glimlag en dan antwoord sy my: “ Melt Colleen is vyftien jaar jonger as Gert. Hy het haar ontmoet toe hy al vyf en dertig jaar oud was, sy was toe twintig en Cindy tien jaar oud, vandaar die ouderdoms verskille, tevrede?,” vra sy.

“Het Gert en Colleen kinders?”, vra ek.

“Twee seuns, elf en nege jaar oud”, antwoord sy.

Ek knik my kop en ry ons in stilte deur die stadsverkeer. Ek voel ek begin moeg word en moet konsentreer op die verkeer wat maar woelig is. Toe ons die stadsverkeer verlaat voel ek ek begin nou sleg vaak raak en Aletta kom dit agter toe ek n slag amper van die pad af ry. Sy sit haar hand liggies op my been en slaag sy daarin om my wakker te hou tot ons voor haar huis se hek stop.

“Melt ek gaan nie toelaat dat jy in hierdie toestand huis toe ry nie. Jy kan hier in die spaarkamer slaap”, is haar woorde terwyl sy uitklim om die hek vir my oop te maak.

Ek is te moeg om teë te praat en trek in die werf in. ek val amper uit die Land-Rover uit van gedaangeit en toe in in die huis kom vat sy my dadelik spaarkamer toe: “Melt jy klim nou in die bed en gaan slaap.”

Voor sy uit die kamer uitloop druk sy my taan haar vas en sit haar kop op my skouer: “Melt dankie dat jy my aanvaar het. My seun moet lekker slaap en dan gesels ons netnou verder”.

“Nag ma Aletta” groet ek haar en neem haar gesig tussen my hande en gee haar n nagsoen wat haar grys oë laat straal van geluk.

Toe sy uit die kamer uit is slaan ek soos n os op die bed neer nadat ek uitgetrek het en vertrek dadelik droomland toe om in n diepe slaap te verval.

Ek skrik eers tienuur wakker toe Aletta die kamer inkom met n stomende koppie koffie: “More more. Wakker word ou grote, het jy lekker geslaap”.

“Heerlik dankie ma Aletta” antwoord ek haar.

Sy sit die koffie voor my op die bedkassie neer en kom sit by my op die bed. Duidelik het sy al klaar gereed gemaak vir die dag en het sy weer so n vrolike geel somersrokkie aan.

Toe sy op die bed by my sit vat sy my hand in hare: “Melt, ek wil net dankie sê dat jy my aanvaar het. Jy sal nie weet hoe baie dit vir my beteken nie. Uiteindelik is ek en my seun verenig en het ek ook iemand in hierdie lewe en sal ek nie meer so verstote en alleen voel nie”.

Ek maak my hand los uit hare om my koffie te kan drink en na so n paar slukke antwoord ek haar: “Ma Aletta ek het nog altyd daardie gevoel gehad dat daar n besondere band tussen ons is, nou weet ek wat dit is”.

Sy sit by my tot my koffie klaar is en dan neem sy die koppie by my terwyl sy opstaan: “Nou kan jy lekker gaan stort en aantrek dan gesels ons verder”.

Na n heerlike stort voel ek heerlik verfris en klaar aangetrek sluit ek by Aletta in die kombuis aan waar sy alreeds besig is met die kospotte, besig om n feesmaal voor te berei. Ek gaan sit by die tafel en nou is dit my beurt om meer van Aletta Boonzaaier se eensame lewe die laaste jare uit te vind.

“Ma Aletta vertel vir my waarmee het jou jou besig gehou in al hierdie jare in hierdie huis?”, vra ek.

“Melt, nadat ek uit die tehuis uitgekom het et ek my eerse vier jaar met my studies besig gehou. Ek het myself voorgeneem dat ek nie in sak en as sal gaan sit nie. Ek het my voltyds met my studies besig gehou in die woonstelletjie wat ek destyds in gewoon het totdat ek hierdie huis so klompie jare terug gekoop het”.

So onder die voorbereding deur vertel sy verder: “Verder het ek maar n normale lewe gevoer. Ek is mal oor die ou klassieke prente en jy sal sien ek het n hele versameling van hulle. Ek kyk dus hulle of luister musiek uit my versameling uit en speel vir myself orrel”.

Klaar met die kos op die stoof kom sit sy by my by die kombuis tafel: “Melt ek het alle sosiale lewe vermy omdat dit jou in kontak met die teenoorgestelde geslag bring en jy weet waarom ek dit vermy het. Sondae gaan ek gewoonlik kerk toe want daar weet almal dat ek nie in enige man belangstel nie”.

Ma Aletta het n kluisenaarsbestaan gevoer besef ek soos sy van haar lewe verder vertel. Dit is toe ek besef dat sy verdien ook geluk en dit is tyd dat sy begin lewe.

“Ma Aletta, kan ons nie n versoening tussen jou en broer Gert probeer bewerkstellig nie”, vra ek.

Sy kom sit by my onder die heerlike geur van die rys aartappels en hoenderstukkies wat sy vir ons voorberei: “Melt dit sal n wonderlike dag wees maar hy sal nooit ingee nie. Hy is te hardgebak daarvoor”.

Ek antwoord haar nie maar n plan begin in my kop posvat om tog te probeer want ek weet dit sal haar oneindig gelukkig maak.

Dit is n heerlike middagete saam met gister se oorskiet slaaie. Ek help haar later skottelgoed was en daarna trek ons sitkamer toe waar sy op haar orrel vir ons speel, al my gunstelinge die een op die ander.

So vier uur se kant besluit ek om koers te kry huis toe en is ons afskeid nie sonder gevoelens nie. Veral ma Aletta is baie emosioneel toe sy my groet. Ek word styf vasgehou en is haar afskeidswoorde voordat ek inklim om te ry: “Onthou Melt, hierdie huis staan altyd oop vir jou. Jy moet baie kom kuier en volgende naweek wil ek kom kyk daar waar jy bly”.

Trane van geluk in haar grys oë maak my hart week maar ek weet, ek sal baie vir haar kom kuier en vir ons lê daar n nuwe lewe voor

Toe ek by my plekkie kom maak ek vir my koffie en terwyl ek dit geniet oordink ek die naweek wat verby is.

Ek gaan sit op die stoep met my koffie in die hand om dioe sonsondergang te bewonder en my gedagtes te laat loop.

Dat die ontdekking dat ek n aangenome kind is vir my n redelike groot skok was is versekermaar noudat ek dit weet en vrede daarmee gemaak het is dit of daar n stille berusting op my toesak. Ek neem myself voor om tog teenoor Aletta te vergoed vir wat sy al die jare moes deurgaan.

Redelik uitgeput van die naweek is ek vroeg in die bed nadat ek gestort het om in n lekker diepe slaap te verval. Net so voor ek aan die slaap raak kom Cundy se beeld voor my op en tot my ergenis kan ek sweer my hart klop warmer. Ek probeer nog met myself baklei maar gelukkig oorval die slaap my voor die self geveg te erg raak.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 155
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 82 gaste aanlyn